Twee met 1 000 kg dagga betrap

Van die dagga waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Oos-Kaapse polisie het twee mans, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, in hegtenis geneem nadat dagga van meer as 1 000 kg in hul besit gevind is.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die mans is Sondag net ná middernag in die Nxaxho-nedersetting in Kentani, tussen Morgansbaai en Butterworth, in hegtenis geneem.

“Die polisie het op inligting gereageer dat die verdagtes in besit van dagga was. Die polisie het op die perseel toegeslaan en op dagga wat 1 092 kg geweeg het beslag gelê,” het Manatha gesê.

Die verdagtes moet Maandag in die Kentani-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dagga.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Haan ·

Goeie genugtig. Dis amper genoeg om potch vir n wéék te hou! ;)

Kobus Otto ·

Dis flippen pateties. Dit gaan binnekort wettig wees en hulle moet dit weet. Plaas vang hulle die mense wat ons op ons plase en kleinhoewes vermoor, of die cash-in-transit rowers of die Hijackers. Feit is hulle is te bang en pateties om regte kriminele te vang, nou fokus hulle op maklike teikens. Dis so belaglik, dis net so goed ek arresteer iemand vir ‘n 1000 kilogram koffie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.