Twee met 14 gesteelde skape betrap

Die bakkie met skape waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Twee mans is Woensdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle na bewering 14 skape in Lesotho gesteel het.

Ao. Moitheri Bojabotseha, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn polisiebeampte van Barkly-Oos se sigbare polisie-eenheid was aan diens toe hy ʼn verdagte voertuig wat lewende skape vervoer het, opgemerk het.

“Hy het die voertuig van die pad af getrek en bewyse van eienaarskap van die skape versoek. Hy het gesien die dokumentasie was vervals en het dadelik bystand versoek,” het Bojabotseha gesê.

“ʼn Beampte verbonde aan die veediefstaleenheid is na die toneel ontbied. Verdere ondersoek het vasgestel dat die skape glo in Lesotho gesteel is.”

Die polisie het op die skape en die verdagtes se voertuig beslag gelê.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 34 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van gesteelde vee en moet binnekort in die Barkly-Oos-streekhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois le Cochon ·

Een van die dae gaan miljoene mense plase verniet kry. Hierdie “nuwe” boere gaan miljoene skape en beeste wil he^. Waar en hoe gaan hulle dit kry? Nie al hierdie “nuwe” boere het ‘n Toyota Tazz waarin hulle skape of beeste in die nag kan vervoer nie.

Chris ·

A ha nog n geval van onteining sonder vergoeding. Die twee se geringe misdaad was dat hulle dit in n ander Afrika land ontein het en nie by n plaaslike boer nie. Wonder wie gaan nou die skape kry . Gaan die bakkie ook in n bondel skrap metaal gedruk word of is dit binne kort weer in gebruik in ‘n ander provinsie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.