Twee met meer as R300 000 kontant betrap

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Twee verdagtes, albei 30 jaar oud, is oor die naweek in Westenburg in Polokwane, Limpopo, in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op kontant van meer as R335 000.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans, albei 30 jaar oud, is Saterdagaand omstreeks 20:15 by ʼn kruising langs Emdopark voorgekeer. “Beamptes van Westenburg-polisie het die verdagtes en hul wit Range Rover-motor deursoek. ʼn Groot bedrag kontant is in ʼn sak in die kattebak opgespoor en die res van die geld in die ruimte waar die spaarwiel gebêre word,” het Mojapelo verduidelik.

Een van die verdagtes het ʼn gelisensieerde vuurwapen in sy besit gehad.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van die besit van vermoedelike gesteelde kontant. Die oorsprong van die kontant sal ondersoek word.”

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Die Wolf

Dalk drank en twakkies geld?

Kobus

Wat maak dit saak? Hoeveel miljoene het die ministers rondgery toe Gavin Watson nog na hulle omgesien het?

Rodger17

Sjoe!Daar nog geld vir kospakkies vir die people!

Roggeveld

Waarskynlik tendergeld oppad na ANC-leiers se sakke.

Scalla

Mini Bosasa, die voertuig vertel die verhaal