Twee met olifanttande betrap

(Argieffoto ter illustrasie: Prof. Rudi van Aarde)

Die Valke in Port Shepstone aan die KwaZulu-Natalse Suidkus het Dinsdag twee mans in hegtenis geneem wat olifanttande in hul besit gehad het.

Die verdagtes, onderskeidelik 27 en 57 jaar oud, het onwettig met dié tande handelgedryf.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê dié eenheid het inligting ontvang dat die verdagtes olifanttande verkoop, waarna ’n geheime ondersoek by die Zimbali Eco Estate van stapel gestuur is.

“Tydens die ondersoek op die perseel het hulle op 15 olifanttande asook 1,3 kg se ivoorstukke, 14 vlakvarktande, 19 spermwalvistande, vier ivoor-kerfstukke, twee seekoeitande en 47 ivoor eetstokkies beslag gelê.”

Volgens Mhlongo het dié items ʼn straatwaarde van sowat R400 000.

Die verdagtes het Dinsdag in die Kwadukuza-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Die probleem strek egter baie wyer as net Suid-Afrika.

ʼn Ernstig bedreigde Sumatran-olifantkalf is Dinsdag in Indonesië dood nadat dié ʼn gedeelte van sy slurp in ʼn stroper se strik verloor het.

Die kalfie het twee dae nadat reddingswerkers hom gevind het gevrek.

“Ons kon nie die olifant red nie aangesien die besering te ernstig was en daar reeds infeksie was,” het Agus Arianto, hoof van die Aceh-natuurbewaringsagentskap, gesê.

“Ons het ons bes gedoen om die olifant te help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Di ·

Die mensdom is besig om die diereryk uit te wis en dit als net vir GELD. Dis al die Oosterse muti snert wat veroorsaak dat so baie diere in SA dood gemaak word, dis ‘n euwel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.