Twee met R2,4 miljoen se renosterhoring betrap

Die twee renosterhorings het volgens die Valke ‘n gesamentlike waarde van R2,4 miljoen. (Foto: Verskaf)

Twee vermeende renosterhoringhandelaars is Donderdag in Vryburg, Noordwes, vasgetrek toe hulle glo twee renosterhorings ter waarde van R2,4 miljoen probeer verkoop het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes se voertuig is deursoek en twee renosterhorings van onderskeidelik 1,9 kg en 461 g is aangetref.

Die owerhede het op albei die renosterhorings beslag gelê vir verdere ondersoek.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 31 en 72 jaar oud, sal na verwagting Maandag vir die eerste keer in die landdroshof in Vryburg verskyn op ʼn klag van handeldryf in renosterhoring.

Die twee renosterhorings het volgens die Valke ‘n gesamentlike waarde van R2,4 miljoen. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
ES

Gooi jy jou lewe weg op 72 vir renosterhoring… party mense se waardes en normes darem…

Dawie

Dit gaan ook seker in die Polisie se hande verdwyn.

Jakez

Sjoe, meer as R1 miloen per kg!

Toy

Dit is net vreeslik om te dink mense sal ‘n dier dood maak om homself te verryk.

Die Boerepompie

Vir wat moet hy nog hof toe gaan sluit hulle op en virgeet van hulle