Twee met wapen op plaas betrap

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie in die Noordwes het twee mans, albei 35, op Vorstershoop naby Vryburg vasgetrek nadat die polisie verdagte voetspore gevolg het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is Saterdag omstreeks 11:00 vasgetrek.

“Nuuskierige polisiebeamptes wat op patrollie was, het op verdagte spore naby die Nuutbegin-wildreservaat afgekom en dit gevolg. Hierdie spore het hul na die verdagtes (wat op die plaas Toadshoop was) gelei,” het Moleko gesê.

Volgens Moleko is die twee in hegtenis geneem nadat hulle nie kon verduidelik waar die vuurwapen in hul besit vandaan kom of hoekom hulle op die plaas is nie.

Die verdagtes sal op 2 Januarie in die Vryburg-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

PJC ·

Dit is baie duidelik wat hierdie twee van plan was om te doen. Gelukkig is hulle planne in die wiele gery.

madels ·

Wonderlik om te lees dat die polisie manne so wakker was en onmiddelik opgetree het..

Johann Marx ·

Hahahahahaaa….Madels. Gaan lees weer….”nuuskierige polisiebeamptes”. Ons moet meer van daai soort aanstel….

willie ·

Dit is mos wat ons wil hoor of lees! net jammer hulle sal weer uiters lig daarvan afkom en môre oormore slaan hulle toe op ñ ander plaas!

Boerseun ·

Uiteraard moet daar ook klagte van betreding geopen word, nie reg nie SAPS?

PJC ·

Hierdie boosdoeners sien dit glad nie as betreding nie. Die hele land is mos nou hulle s’n.

Eish ·

Nuuskierige polisiebeamptes? Eish!
Opmerksame polisiebeamptes so wraggies beter pas hier. Hul was op patrollie.

Robby ·

Die land sal nooit regkom nie. Want mense wil altyd ander oordeel. In plaas van bietjie erkenning te gee. Sê eerder dankie vir die 2 wat gevang is dis goeie werk. Dit kon anders wees miskien ʼn familie lid wat jy voor omgee kon dalk gemartel wees deur die 2 skurke. Ek sê goeie werk aan die nuuskierige SAP lede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.