Twee metrobeamptes vas oor ‘omkoopgeld’

Argieffoto

Twee beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie sal binnekort in die hof verskyn ná hulle na afloop van hul skof buite hul polisiëringsgebied beweeg het om na bewering omkoopgeld van padgebruikers te eis.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die voorval het Vrydagmiddag plaasgevind.

ʼn Vragmotorbestuurder is omstreeks 14:00 by die kruising van Khotso- en Hospitalweg in Katlehong in Johannesburg afgetrek deur ʼn gemerkte EMPD-voertuig en twee manlike beamptes in volledige uniform.

“Die vragmotorbestuurder het beweer die beamptes het hom ingelig die dokumentasie wat hy aan hulle getoon het, was nie voldoende nie en hulle het R1 000 omkoopgeld geëis om hom vry te laat.”

Die bestuurder het volgens Kgasago die EMPD se eenheid vir interne aangeleenthede gekontak en die EMPD het die Valke in kennis gestel. Die vragmotorbestuurder het daarna met die verdagte op ʼn plek ooreengekom waar die omkoopgeld glo oorhandig sou word.

Kgasago het verduidelik die bestuurder het gemerkte banknote ter waarde van R1 000 op die ooreengestemde ligging in Katlehong aan die beamptes oorhandig. “Kort daarna is die twee beamptes voorgekeer en is daar beslag gelê op die gemerkte note. Hulle is geboei en na die Katlehong Noord-polisiestasie geneem.”

Volgens Kgasago is die twee beamptes van die Alberton-polisiëringsgebied en het hul skof Vrydag 06:00 begin en 14:00 klaargemaak. “Hulle het ná hul amptelike skof buite die gebied waar hulle werk beweeg en glo die omkoopgeld geëis.”

Die beamptes, albei in hul laat dertigs, sal binnekort in die Palmridge-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie en afpersing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Genieve ·

Leer ook nooit maar hulle oe word groter by die dag hoe meer jy het meer wil jy he.

SjN ·

Tjo Tjo geld, was beslis nie die eerste keer gewees nie. Hele toekoms is verwoes vir R1000

wielie ·

Wow …… mooi so! Vang al die korupte beamptes en net die goeies bly oor.

Anoniem ·

Het dit al voorheen genome hoe skelm hulle in Kempton is maar dit word nooit geplaas nie. All verkeersbeamptes moet ondersoek word wit of swart stuur hulle vir poligraaf toetse en jy sal geskok wees hoeveel is korrup.

heksie ·

Mooi so….ek ook goed ingeloop deur metro beampte. Hy sou n boete “verminder” of afkoop as ek hom duur bottel Whiskey gee ! boete was R1 200 – afgebring na R500…..na ek die Whiskey en R500 oorhandig het, het ek bevel gekry om in hof te verskyn oor uitstaande boete. So ja, mnr het die R500 en Whiskey in sy sak gedruk…….skelm!!!

heksie ·

Toevallig ook n skelm een wat my ingeloop het – hy werk ook vanaf Kempton……jammer my berig nie nou geplaas nie!!

GM ·

Heksie, wat leer dit jou? Vat jou pak. Jy kan nie kla oor skelm mense as jyself nou nie juis reg opgetree het nie.

Hanna ·

Die twee menere gaan seker binnekort bevordering kry… Klink my hulle maak gereed vir beter poste in die ANC regering!

Mrs H ·

Twee swart vroue beamptes het my afgetrek nadat ek gedeeltelik oor n sper streep beweeg het om by n baie stadigge vragmotor op afrut te beweeg. Ja ek was verkeerd, alhoewel ek seker gemaak het dat dit veilig was. Die twee dames beamptes wat reeds uit hul uniform hang, of hul uniform het ernstig gekrimp in die was, wou R800 “lunch money” he. Ekt gese dat ek die motor geleen het om vir n werks onderhoud te gaan, dat ek nog nie weet of ek die werk het nie, en dat ek nie geld of inkomste het om vir hulle te gee nie. Die twee het so erg met mekaar begin argumenteer, omdat die een geld wil he, en die ander een my wil laat gaan, dat hulle nie eens agtergekom het, dat ek my motor in eerste rat sit en rustig weg gery het, nadat ek al vir n wyle net sit en luister na hulle…wat blykbaar al van my vergeet het. Dis nou nog iets wat vir my “jaw dropping” is.

Emily ·

Wow die vuilgoed, verwyder hulle. Soos ander ook noem kyk gerus na die ouens in Kempton en Edenvale.
Mense moet nie dat die goed julle prober omkoop nie, Dit maak jou ook skuldig.
Hoeveel dronklappe agter die stuur betaal n bribe en n paar minute later boet n onskuldige met sy lewe.

lee ·

TJO-TJO …hulle wou maar net bietjie “bederf-money” gehad het vir die “mothersday-weekend. seker baie vroue tuis om te bederf….lol
Ek sien hul skofte is maar NET van 06h00 to 14h00…so die salaris is seker maar min.
In TMPD werk hul van 06h00 TOT 18h00 = 12 UUR SKOFTE !!

SIES !!

Lee ·

‘n Werker van ons sê die EMPD sit om elke hoek en draai in Tembisa om bribes te vat. Verdomde skande. Geen respek vir die uniform nie. Grootste slapgatte deesdae. Hoe minder hulle doen hoe beter. Dis hoekom misdaad oorneem want die skelms weet hulle is useless en ‘n sekere beampte gee jy net ‘n paar rand en als is reg. Word wakker EMPD. Kry iemand wat actually polisie agtergrond het om julle huis in orde te kry. SWAK!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.