Twee ‘metropolisiebeamptes’ vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee mans is in Kempton Park in hegtenis geneem nadat daar metropolisie-uniforms en ander onwettige items in hul besit gevind is, het die Ekurhuleni-metropolisie Saterdag gesê.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die metropolisie, het gesê hulle het ʼn wenk ontvang en dat dit tot die arrestasies gelei het. Ses verdagte mans is in Voortrekkerweg gesien waar hulle sakke gedra het van een motor na ʼn ander en toe weggery het.

Volgens Kgasago het metropolisiebeamptes by die een motor gewag en het die ander motor kort hierna teruggekeer met twee insittendes. Een van die mans het in die ander motor geklim en albei het weggery. “Metrobeamptes het hulle beveel om stil te hou waarna een van die mans uit sy motor gespring het en te voet probeer vlug het. Hy is aangekeer.”

Kgasago het gesê die ander man het weggejaag en is hegtenis geneem nadat hy beheer oor sy motor verloor het en dit in ʼn sloot beland het. Die polisie het op die twee motors beslag gelê. In een van die motors is daar ʼn vuurwapen en metropolisie-uniforms gevind.

Die twee verdagtes, 26 en 28 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Dankie dat julle wenke kry want die goed is slinks en glibberig soos slange die nagadders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.