Twee minderjariges vas vir moord op 11-jarige

(Foto: SA Polisie)

Twee 15-jariges is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 11-jarige seun in Seshego buite Polokwane in Limpopo.

Die twee verdagtes is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat die slagoffer se liggaam vroeër die dag in die Ga-Makweya-nedersetting gevind is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes het die slagoffer glo Maandag genooi om saam met hulle te gaan sokker speel. Die seun is as vermis aangemeld nadat hy nie teruggekeer het huis toe nie.

Daar is onmiddellik met ʼn grootskaalse soektog na die seun begin en ʼn voorlopige ondersoek na die voorval het die polisie na die twee minderjariges gelei wat in besit van die oorledene se selfoon gevind is.

“ʼn Verdere ondersoek het die polisie na die seun se liggaam gelei. Hy is as Tibane Mahanyele geïdentifiseer.”

Genl.maj. Samuel Manala, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het met skok en ongeloof gereageer op die voorval, veral in ag genome die ouderdom van die verdagtes.

“Ons doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om kalm te bly terwyl polisie se ondersoek aan die gang is.”

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Seshego-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

E ·

Geen borgtog nie asb. As hulle die seun vir ”n selfoon kon doodmaak, wat sal hulle nie nog doen nie. Arme ouers, seker die selfoon gekoop om die kind ook veilig te hou. Psigopate.

pompies ·

As hulle mense vir 50c kan moor dan is n selfoon baie werd, hulle sal goed doen by die eff wat hulle tipe is. Sluit toe en vernietig die sleutel.

Mallie ·

Dis die voorbeeld wat die regering en eff lede vir hulle stel. Geen respek of integriteit nie.

Mariana ·

Twee jong kriminele, reeds goed geskool in moord. Watse ander goed het hulle nie reeds gedoen nie. Maar ja in die land is geen wet en orde en almal mag maak soos hulle wil.

ES ·

Gelukkig is hulle ouer as 14 so in die omvang van die wetgewing het hul kriminele kapasiteit. Sodra hulle gevonnis is, gaan hulle sien dis nie so lekker om ‘n minderjarige krimineel te wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.