Twee moorde, agt aanvalle op plase die afgelope 24 uur

ian-cameron-2017-02

Ian Cameron van AfriForum. Foto: Verskaf.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn maand gelede weereens ʼn skrywe aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, gerig en versoek om saam met hom te vergader oor sowel geweld op plase as die grondgrypkrisis wat die land in die gesig staar.

“Cele het tot vandag toe nog nie eens ontvangs erken van hierdie skrywe nie en net gedurende die afgelope 24 uur was daar reeds twee moorde op plase in die land – wat deel was van nie minder nie as sowat agt plaasaanvalle oor die afgelope vier dae,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Dinsdag gesê.

“Daar is genoeg ruimte in die wet vir mense om self te mag intree en nie net reaktief op hierdie sinnelose geweld te reageer nie, maar ook proaktief op te tree om plaasaanvallers se terreur op plase te beëindig.”

Cameron meen dat Suid-Afrikaners reeds die helfte van die stryd kan wen indien hulle reg voorberei en seker maak dat hulle alles binne hul vermoëns en binne die raamwerk van die wet doen wat nodig is om veiliger te wees.

“Ons moet onsself egter afvra of die regering se stilswye oor plaasmoorde hulle nie aandadig maak nie? Ons kan egter nie self net terugsit en niks doen nie, ons moet elke manier moontlik gebruik om mense te beveilig,” het hy gesê.

Hier is van die aanvalle waaroor daar die afgelope 24 uur op Maroela Media berig is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Christa Rootman ·

En dan is daar mense soos BAILES wat so kleinlik is om ‘n Steve-konsert te boikot agv sg RASSISME!!! WAT is plaasmoorde????

Etienne Prinsloo ·

Die “virtue signalling” van die vêr linkse blankes, soos minimum du Preez, Steven Friedman et al dra by tot die geweld teen blankes. As “blankes” soos du Preez et al terrorisme goedpraat en dus ten volle ondersteun, voel diegene in die kabinet dat hulle nóg meer hul skouers kan optrek. Selfs die “DA abroad” se seggensvrou het gister die plaasmoord epidemie probeer wegpraat as iets wat net deur sg “regse” blankes as fiksie geskep is. Blankes- veral jong vroue- in die “hard left” wat nog die misplaasde arrogansie het om hulself “liberale” te noem, haat hardwerkende blankes, veral blanke mans. Hierdie 4e golf feministe sal ‘n blanke volksmoord in SA as ‘n triomf beskou. Verder sien ons hoe Winnie Mandela nou tot ‘n “saint” verhef is, ondermeer uit SA blanke geledere. Die globaliste was briljant toe hulle die blanke vrouens oortuig het om die samelewing waarin hul leef te vernietig. SA staan op die rand van die afgrond, Renwick en die Sweedse NGO’s gebruik Malema en kie om die ANC se beleid te bepaal, Ramaphosa is en bly ‘n kommunis en dit wys. Die plaasmoorde het net voordele vir die ANC. Boere leef onder “siege”, die platteland word met elke terroriste daad al meer ontvolk en du Preez en kie hou die publieke opinie stewig aan die moordenaars se kant. Maroela Media is tans die enigste eerlike nuusblad in SA. Ek hoop dit bly so.

Melanie ·

Gaan die sinnelose aanvalle en moorde op ons mense ooit ophou.Nee duisend maal nee want die regering wil niks doen.My vraag is kan hulle nie hof toe gesleep word om iets tedoen.Elke burger in die land het die reg tot oorlewing!

Al ·

Ek stem – daar moet ñ manier wees om ñ massa aksie te loods. Ons reg word in die Konstitusie onderskryf. Ek kan nie onthou watter gedeelte nie. Iets soos dat elkeen n reg op lewe het of reg om veilig te lewe. Dalk moet Afriforum die Konstitusie deurlees en die Regering hof toe sleep met daardie gedeelte.

Arie ·

As opregte denkende Christenmens is vir my die be-oogde naamsverandering van die Kaapstadse lughawe n ernstige tamelêtjie.
Vir my lei dit geen twyfel dat die voorstanders vir naamverandering n geheime agenda het.
Dit gaan hier nie om n onpartydige nuwe naam voor te staan nie, maar slegs om n naam wat om politieke redes onaanvaarbaar is met n ander “aanvaarbare” politieke naam te vervang.
Ongelukkig is dit nou so dat so n naam vir n ander belangrike deel van die bevolking waarskynlik onaanvaarbaar gaan wees. Weereens om politieke en miskien n ander rede.
Is die.oorgrote meetderheid van.gebruikers van.die lughawe nie.miskien juis diegene wat n naamsverandering sou teenstaan nie miskien juis om politieke redes wat hulle pas.

Nou het ons twee halsstarrige partye wat.mekasr teenstaan politieke redes.
Onasnvaarbaar !!!!!

Konsultasie om n ONPARTYDIGE NAAM (soortgelyk aan bv Schiphol) te vind sal dus n wen- wen situasie veroorsaak.

staanop ·

wat gan ons hier omtrent doen, hulle sal nooit ophou nie, maak nie saak wat ons doen nie,solank as wat ons in hierdie mense se diens is is ons onder terreur

Robert ·

Inderdaad – wat gaan ons doen. My opinie: Begin openlik met ons eie weermag met of sonder staats goedkeuring. Ons moet net ons veragterlike passiwiteit los.

SA moordmuseum ·

Ons kan buitelanders bewus maak en hul hulp vra deur n moordmuseum te bou waar die aard van misdaad duidelik geillustreer word. Ons het n baie groot storie om te vertel, nou kort ons net n kommunikasieplatform en n museum kan dit doen.

Helene ·

Robert, goeie beskrywing ” veragterlike passiwiteit. Ek skaam my vir ons blanke volk wat niks doen nie. Ons soek ‘n ware leier!!

HEVW ·

Die ontstellende werklikheid is dat daar n bepaalde motief agter hierdie stilswye van aanvalle en moorde is. Dit is n tipiese werksmetode waarmee kommunisme lande oorneem en dit sal nie maklik verander nie.

Vermeendes ·

Met die stakings wat nou weer voor die deur le kan ons weer rustig gaan slaap want dan neem plaasmoorde volgens my opserwasie af en soos met Winnie se rou week ook tot nul.

Kaster ·

Ja dit is, ons moet die wereld waarsku dat hulle vroeg kan help voor dit te laat is, of anders is ons bloed op hulle passiewe hande

Natasha ·

Natuurlik het die regering met die moorde te doen ! Hoekom dink julle het hulle so vinnig van die Kommando`s ontslae geraak .En hoekom in ons so vinnig ontwapen?

Nie verbaas nie ·

Natasha jy slaan die spyker op sy kop! Dit is walglik wat aangaan in ons land.

Reguit ·

Hierdie volgehoude lae intensiteit (onverklaarde) oorlog is al lankal aan die gang teen die witmense van SA. Dit staan bekend as “the war of the flea”. Dit lyk as of niemand dit raaksien nie, en sekeres weier volstrek om dit te erken. Daarby is die meeste wittes van SA liberaal, en stem hulle elke keer vir die linkse DA. Met só ‘n houding is die wittes van SA verdoem. Daar is geen hoop vir hulle nie. Diegene wat kán is besig om op strepe te emigreer. Die res wat agter bly gaan bloei, want hulle is ‘n klein minderheid, uitgelewer aan hordes, dws ‘sitting ducks’. Jammer maar waar.

anton ·

Stem 100% saam jou!!!
Wil byse dat ons blankes ons eie grootste vyand is.
Het vertroue in my eie mense lankal verloor!!!
Hier is net te veel liberals in die land.

Louis ·

Mense kan voorkoming maak, kan alles in hulle vermoë doen om weer op te staan, alles bly nog steeds leeg sonder die krag en mag van Christus. Hy hoor ons gebede en smekinge na heil en geregtigheid, deur die mense wat ons volk se kommer na die buiteland dra. Baie betwyfel nog dat hulp gaan kom, wel dis reeds stadig maar seker besig om wêreld wyd reg te maak om hulp te bied

Dolla ·

Hoe roei mens n spesie uit? Jy doen dit nie oornag nie. Jy doen dit stilletjies oor n kwessie van paar jaar. Elke dag so 1 of 2.So dat niemand dit amper agter kom nie. En voor jy jou oe kan uitvee is hy uitgeroei…..dis wat in ons land gebeur.

Oom Kalahari ·

Hul moet CR en alle Ministers van Polisie en Landelike Veiligheid hof toe neem en hierdie gesinne moet miljoene rande se eise instel weens pligsversuim en verlies aan inkomste omdat die broodwinner van hul ontneem is. Dit gaan daagliks aan en die hele parlement is bewus daarvan, maar gee geen prioriteit aan plaasmoorde (Blanke Uitwissing) nie en Lughawe naam en Museum is meer belangrik en afsterwe vieringe van miljoene Rande kry voorkeur. Misdaad en Misdadigers (stedelike terrorisme) floreer in die Demokratiese SA.

Paul ·

Stuur hierdie inligting, asook die statistiek die afgelope tye na die Britse premier, Theresa May en die Britse konsulaat in Suid-Afrika.

Ian ·

As jy na die geskiedenis kyk en die feit dat Malema gereeld in Engeland kuier sal jy agterkom dat Engeland ook n vinger in hierdie vrot pasty het. Jy soek na n oplossing waar jy hom beslis nie gaan kry nie.

JM ·

RM jy sê dit is volksmoord, wel plaas aan valle en moord op die boere is ook volksmoord, kry jou feite agter mekaar.

m.d.r. ·

Die onderwerp van bespreking is juis moord op plaasboere—dis dan waarna RM verwys..!!
Jou kritiek is nie net misplaas nie, dis ook onnodig.

Lerato ·

Of mense dit wil weet of nie. Die regeriing gaan NIKS doen om plase te beveilg nie.
Boere moet maar saamstaan en hulle self beveilig. Elke plaashuis se gps koördinate moet gehou sodat vinnige reaksie moontlik is.

Anche fischer ·

Hierdie regering saam met Malema moes lankal aangekla gewees het by die internasionale menseregte kommissie sodat daar teen hulle opgetree kan word. Hulle kan almal vir massamoord aangekla word. As ons organisasies wakker genoeg is en ons Regtig UIT HULLE HART WIL HELP, SAL HULLE NIE AARSEL OM DIT TE DOEN EN DAADWERKLIK OP TE TREE NIE. DIT SLUIT RAMAPHOSA IN! Hierdie organisasies gee my die idee dat hulle vir ons niks voel. Ons kon saam met hulle hulp al baie vermag het, maar stel hulle werlik belang?

Hermann Jacques Keyser ·

Let us all put our money where our mouths are and improve a better strategic plan, yes Afriforum has much on their tables, and they need to get more men and women to help, yes we as farmers have to improve relationships among our kind. Let us Unite and Share Ideas, Boer maak n plan so julle almal se. Farming is in the blood and veins we must empower the right to life.

Al ·

Ek stem – daar moet ñ manier wees om ñ massa aksie te loods. Ons reg word in die Konstitusie onderskryf. Ek kan nie onthou watter gedeelte nie. Iets soos dat elkeen n reg op lewe het of reg om veilig te lewe. Dalk moet Afriforum die Konstitusie deurlees en die Regering hof toe sleep met daardie gedeelte.

Erita ·

Die plase waar ek by my vriende kuier het geen of baie min van die sekuriteit stelsels wat ek binne sekurieteits kompleks het, moet mens nie daar begin nie?
Groot honde en hek hou niemand meer uit nie.

Hester ·

Ons moet nie net agter toe sit DOEN iets omtrent dit ons moet hul wys waartoe ons in staat is as ons genoeg gehad het?

Piet ·

Ek sien nie dat daar veel gese word oor “Oom Cyril” toespraak op Winnie se begrafnis nie. Dit was geen huldeblyk nie maar eerder n opruiende politike opswepery tot geweld. Wat hy in n swart taal gese het oor hoe Winnie vereer moet word is n bewys dat blankes nog lank nie klaar “betaal” het vir apartheid nie. Ek wonder net waar is al die liberals se kommentaar nou. Wag hulle dat daar weer n kabeldief in n kis geprop word?

Anthony ·

Stem. Die massas is na 24 jaar nogsteeds van opinie dat blankes gestraf moet word vir hul “dade” en “onderdrukking”. Selfs ons leiers glo dit. Hul eis vergelding en sal slegs tevrede wees sodra ons totaal en al sosio-ekonomies vernietig is. Indien iemand, iewers nie met ‘n daadwerklike poging vorendag kom om ten minste te PROBEER om hierdie sinnelose geweld te stuit nie, gaan die aanslag op blankes nie stop nie. Die feit dat ons leiers stilswye het oor wat aangaan maak hul aandadig. Hul het bloed op hul hande!

Hester ·

Ons moet nie net praat ons moet hul wys as boere nou regtig genoeg gehad het op alle adpekte dalk skrik die regering dan wakker

Lola ·

Toemaar. Dis nou op ‘n einde. Die DA het hulle ontevredenheid gister uitgespreek oor hierdie ‘plaag’ wat ‘nou weer kop uitsteek’.

Johannes ·

Stig ‘n veiligheidsmag om ons Boere te beskerm! Bring terug die kommandos!

Annamarie Olivier ·

Die Here sal ons help maar ons moet ook die wil he om te veg vir wat ons wil he. Daar is ‘n tyd vir vrede en ‘n tyd vir oorlog ons moet kies want vrede is daar definitief nie?

Eish ·

Onlangse TV dekking van die jongboere konferensie en onderhoude gevoer met diegene skep n euforie van optimisme. Die een boertjie beweer dat hy nie n enkele negatiewe opmerking tydens die konferensie gehoor het nie. Dan word uitgewei oor die planne om inklusiewe boerdery en mentorskap te bevorder. So asof dit die towerstaf is wat alles gaan oplos.
Wel, ek dink dat indien die oordrewe en aangeplakte optimisme en werklikheidsvreemde volstruishouding teenoor die realiteit van die van die helhool die nuwe norm is, is boere voorwaar n bedreigde spesie.
Die VLU se weiering verlede jaar om n inisiatief deur die burgerregtegroeperings te ondersteun, juis om die aanslag te beklemtoon deur n straatbeswaar,toon n gesplete leierskapkorps.
Hier is n terroristiese aanslag op die boeregemeenskap en die regering se lippediens dui verseker stilswyende goedkeuring aan en waaragtig kan ons mense nie saamstaan nie.
Ek is van mening dat die situasie in die plek nog baie sal moet versleg alvorens daar self n teken van gemeenskaplikheid van belange gaan wees. Daar is nog te veel van ons wat op die vettigheid van oorvloed kokon.

Oud Rhodie ·

Ek raak onrustig wanneer ek sien dat baie plaashuise steeds ondoeltreffende omheinings en diefwering het. Baie voorvalle gebeur in die nag. Derhalwe is goeie beligting ook krities belangrik. In Rhodesia het die Smith regering subsudies gegee om opstalle mee te beveilig. Dit gaan nie hier gebeur nie, maar kan daar nie druk uitgeoefen word dat beveiliging teen belasting afgetrek kan word nie ?

Brett ·

Wat verwag julle? Cele se mos hy gaan die land ontwapen. Hoekom?

Wakker Word ·

Solank as wat die mense in die land dink die regering en die polisie gaan julle beskerm sal julle uitgemoor word elke dag , Word Wakker ,

Anoniem ·

Ons mense word net heuning om die mond gesmeer dis tyd dat ons opstaan vir ons nasie en iets dien ons moet ook toitoi elke keer as daar n boer vermoor word en vrouens en kinders mishandel word die wet is dan so erg op vroue mishandeling !!!! ONS MOET OOK PLUNDER EN VERWOES AS DAAR PLAASMOORD IS

Elsa ·

ramaphosa is dan nie die regte man in pos as staats president nie, hy moes lankal aandag gegee het maar prioriteite is elders, as hy nie waaksaam wil wees nie sal hy sy pos moet ontruim…God se man en God se vrou sal aanbewind kom

Elvira ·

En maar NOOIT word daar melding van enige plaasmoord OF aanval in die nuus gemaak nie. Kom ons almal versprei dit maar oorsee sodat dit daar in die nuus genoem word.

Chris ·

Die lughawe name wat gegee word is tog maar net ‘n interne politiekery. OR Tambo staan in die res van die wereld nog steeds bekend as Johannesburg Lughawe. Dieselfde sal met Kaapstad gebeur.

hendrik ·

Ek glo ons besef almal dat ons astware in n gourilla oorlog gewikkel is. Die korttermyn oplossing is dat elke persoon ernstig raak oor self-beveiliging en dat ons die ‘buddy-sisteem’ gebruik dws bly altyd saam met n maat wat ook voldoende waaksaam en bewapen is. Vertrou op mekaar en wees paraat. Hou op dink dit kan nie met jou gebeur nie. Dink vooruit. Maak gereels plan vir jou onmiddelike omstandigheid sodat jy voorberied is op die onverwagte. Onthou, die vyand het die voordeel van verrassing. En vertrou op God. Ons moet nou verder saamstaan vir langer-termyn oplossing. Ons aksies sal ons kinders se toekoms bepaal. Ons kan vlug of veg…besluit self…maar die boere volk is al deur dieper water as dit. Moet nie deel van die statistieke word nie. Een ding is verseker…ons is sterk as nasie en het dit sovele kere in ons geskiedenis bewys. Laat ons nou opstaan en saamstaan. Werk aan n langtermyn oplossing. Begin n klein groepe in familie en vriende kringe. Dit sal uitbrei en saamsnoer. Hou gedurig kontak met mekaar.moet nooit afgesonder raak nie. Moet nie onverhoeds betrap word nie. Bly sover moontlik tussen ander mense. Sorg tuis dat jy n wapen naby jou het. Weet hoe om dit te gebruik. Moet nie deure ongesluit laat nie. Dink altyd veiligheid!

Zachrys ·

Massa betoging is vir ander mense. Dis ‘n liberale manier van doen…
Skop die besluitnemers waar dit seer maak en hou belasting weg!
Of ten minste begin net ‘n proses om sekuriteit en dergelykse uitgawes wettig af te trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.