Twee môre weer in hof oor non se moord

Suster Mary Paul Tacke Foto: Facebook

Suster Mary Paul Tacke Foto: Facebook

Twee mans wat van die moord op suster Mary Paule Tacke (82), ʼn Rooms Katolieke non, verdink word, het nie Woensdag soos geskeduleer in die Mthatha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn nie.

Asiphe Ndikinda (26) en Masixoli Mdlebe (21) sal na verwagting Vrydag formeel aansoek doen om borgtog.

Maroela Media het vroeër berig suster Paule is op 15 Junie in Mthatha deur die verdagtes gekaap en ontvoer. Haar liggaam is die volgende dag in ʼn klein stroompie gevind.

Haar kollegas het na die misdaad haar motor in Mthatha opgemerk en dit agtervolg. Die polisie is intussen ontbied haar motor het tydens die jaagtog tussen die verdagtes en polisie omgeslaan. Die twee verdagtes het weggehardloop, maar is ʼn paar dae later onderskeidelik in Mthatha en Ngcwanguba aangekeer. Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen en ʼn selfoon wat aan een van die verdagtes behoort.

Ndikinda het vir die eerste keer op 20 Junie in die hof verskyn, en Mdlebe op 23 Junie.

Sy was ‘n weldoener in haar gemeenskap en was onder andere by verskeie kinderhuise betrokke. Sy is glo buite die Thembelihle-kinderhuis ontvoer. Sy was een van die stigterslede van dié kinderhuis wat kinders tussen agt en 16 jaar oud versorg.

Sy is op 17 Maart 1932 in Cottonwood, Idaho in Amerika gebore. Sy het by die Mariazell-sending naby Matatiele begin werk nadat sy na Suid-Afrika gekom het. In 1955 het sy die Bethany Plek van Veiligheid in Mthatha tot stand gebring, ʼn plek wat na pasgebore verlate kinders tot ses jaar oud omsien. Sy was tussen 1955 en 2007 die direkteur van dié plek van veiligheid.  – SAPA

Lees ook:
Non se moord: Man in hof, tweede verdagte vas
Man vas vir non se moord
Non se liggaam gevind: “Sy was ‘n merkwaardige vrou”
Vrou se liggaam gevind ná kaping

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

Moet ASB nou nie weer geld met uitgerekte hofsake mors nie – dis ons belastingbetalers se geld. Hulle het haar ontvoer, vermoor en weggesmyt soos ‘n ou lap – dis nie “rocket science” om daarby uit te kom nie. POS hulle – vir altyd en klaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.