Twee motorfietsryers dood in Lanseria-ongeluk

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Man en ʼn vrou is Sondagaand dood ná ʼn motorfietsongeluk in Ashantiweg naby Lanseria in Johannesburg.

“Die motorfiets se wrak het teen ʼn aanwysingbord gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die bestuurder en sy passasier het naby die wrak gelê.”

Al twee persone het reeds aan hul beserings beswyk en hulle is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Charl ·

Geen verassing daar nie, as jy sien hoe barbaars van die ouens daar ry…

Mattewis ·

Charl, jou eie barbaarse kommentaar spreek boekdele van jou. Ek hoop nie jou naastebestaandes is so barbaars dat een van hulle ook nog in ‘n motorfietsongeluk omkom nie. Alle simpatie en gebede aan die naasbestaandes in hierdie tragiese tyd vir hulle.

Sonja ·

Charl, jy ken nie die omstandighede of oorledenes nie. Motoriste kan net so “barbaars”soos jy dit stel, wees.

carine ·

Ai, Charl ……. as jy maar net weet hoe spesiaal hierdie twee mense vir ons is (was)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.