Twee motorfietsryers sterf in Gauteng-botsings

Argieffoto: Netcare 911

Twee motorfietsryers is Sondag in afsonderlike botsings in Gauteng oorlede.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Sondag omstreeks 7:00 na ʼn voorval in Garsfontein in Pretoria ontbied.

By hul aankoms op die toneel in St. Bernard-rylaan het hulle ʼn motorfietsryer aangetref wat beheer oor sy motorfiets verloor en teen ʼn sypaadjie vasgery het.

Volgens Herbst het die 21-jarige man kritieke beserings opgedoen en is hy op die toneel dood verklaar. Die voorval word ondersoek.

Intussen is ʼn vrou Sondagmiddag in Meyerton in ʼn motorfietsongeluk dood. Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, is paramedici kort ná 13:00 na die toneel in Bolton Wold ontbied waar ʼn motorfiets van agter teen ʼn bakkie gebots het.

“By ons aankoms is ʼn vrou met kritieke kop- en interne beserings aangetref. Paramedici het alles probeer om haar by te bring maar sy is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Man wat glo ook op die motorfiets was, het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die presiese omstandighede rondom dié voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

WIEBO ·

Hier is n man in Garsfontein wat soos n besetene jaag met sy motorfiets wat so n helse geraas maak. Sal nou oplet of ek hom nog hoor……………. dan weet ek…………

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Aaaaaijajaaai…dat sóveel mense hul lewens moet verloor,op ons paaie!
IETS IS VERKEERD in ónse land, dat daar soveel ongelukke is…!

Soo jammer om te verneem vani noodlottige ongelukke,sterkte aan families ?

❗maar om by jou aan te sluit WIEBO, hier is ook werklikwaar, ONGELUKKIG ñ hele paar willewragtig-haastige mannetjies, wat die wit wak,uit hulle bikes uitjaag, hier waar ek bly ook…!!! ??
Ek word elke keer yskoud,as ek,hulle sien en hoor,VERBYFLITS mens se hare staan orent!!!!??
Enn…die volgende oomblik ry ñ besadige volwasse wetsgehoorsame biker ook verby…

Ella ·

Interne beserings vs inwendige beserings.
Watter een is reg?

Sune van Heerden ·

Dagsê Ella

Dankie vir jou navraag. Albei word in Afrikaans aanvaar as korrek.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

sweis ·

Die mense het nie die nodige respek vir motorfietse nie nou praat ek van motorfietsryers en motor bestuurders.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Stem Sweis…dis nié die motorfiets, wat die probleem is van ongelukke nie, dis die geagte “bestuurders”

GM ·

Ella, ek sou sê inwendige beserings (en interne ondersoeke), maar die woordeboeke verander so gereeld, dalk is albei aanvaarbaar?

Abe, almal se talente en belangstellings verskil.

Goed gestel Sweis.

Abe ·

GM,
Miskien is jy tog reg. Mens moet seker ook waardering he vir iemand wat iets reg wil he.
Ella,
My inligting (nie seker hòe gesaghebbend) is dat albei aanvaarbaar is.

Gareth ·

Ai, dis hartseer om 2-wiel familie lede te verloor. Ek weet dis lekker om vet te gee elke nou en dan maar ons moet versigtig wees. Strate wat ons nie ken nie en die toestand van die paaie verander gereeld, wees net ‘n rapsie rustiger op die masjien. Ons kan nie ander mense se aksies agter die stuurwiel verander nie maar ons moet slim wees oor ons eie veiligheid.

juba ·

Verdomp, my regterhand wil net nie luister nie, hy bly daai petrol oop draai, dan raak die mense vir my kwaad.

Ai ·

So jonk, op 21 moes sy lewe nog voor hom lê en in ‘n oogwink is dit verby. My innige simpatie aan sy geliefdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.