Twee mynwerkers soek ná voorval by sinkmyn

Die Gamsberg-sinkmyn (Foto: Vedanta Zinc International)

Daar word onverpoos na twee mynwerkers gesoek ná ’n voorval Dinsdag in die vroeë oggendure by die Gamsberg-sinkmyn in die Noord-Kaap. Agt mynwerkers is reeds na veiligheid gebring.

Black Mountain Mining, ’n filiaal van Vedanta Zinc International, het bevestig dat ’n “geotegniese fout” omstreeks 01:15 by die westelike gedeelte van die suidelike skag van die Gamsberg-sinkmyn aangemeld is.

Tien mynwerkers was aanvanklik vasgekeer van wie agt reeds veilig uit die skag gebring is.

Alle mynverwante aktiwiteite is intussen by die myn gestaak en pogings om die oorblywende twee mynwerkers op te spoor en te red, word tans in alle erns voortgesit.

Die departement van minerale hulpbronne en energie is reeds van die voorval ingelig en het inspekteurs na die myn gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek was in ‘n soortgelyke voorval jare gelede. Vier dae later was ons gered. Die uitgemesselde stasie het ons beskerm.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dit was in ‘n goudmyn in Carletonville. Die middelpunt was in die Vrystaatse goudvelde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.