Twee mans wat van moord beskuldig word, is naby Marikana in Rustenburg gestenig.
“Die polisie is Maandagmiddag na ʼn toneel by Nkaneng informele nedersetting ontbied,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Groep onbekende mense het vermoedelik die twee mans, in hul 30’s, met klippe bestook omdat hulle daarvan verdink word dat hulle ʼn 32-jarige man Sondag by ʼn taverne met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.”
Ramaloko het gesê die twee slagoffers het glo met die man gestry voordat hulle hom aangeval het. Hy is met ʼn mes in sy rug gesteek. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem, maar het later aan sy beserings beswyk.
Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale kommissaris, het die voorval veroordeel. “Ek doen ʼn beroep op die gemeenskap van Marikana om nie die reg in eie hande te neem nie.” Hy het die gemeenskap versoek om met die polisie saam te werk.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Baie jammer dat mense die reg in eie hande neem.
weereens n bewys dat wet en orde nie toegepas word weens onbevoegdheid , sorteer maar self die problem uit, want hul kan nie.
Ja manne. Die regstelsel het het weereens gefaal. Soos duisende kere per jaar. Onbevoegdheid van die staat se kant af. Sorg liewer dat hoë profiel misdadigers die land verlaat. Pateties
Hoop nie daai twee word gevang nie, at least keer hulle dat dit weer gebeur. Ja, jammer dat mense voel hulle moet iets begin doen om hulle self te beveilig.
Die korrupte polisie moet hulle vang en dan moet hulle deur ‘n regstelsel , wat deur ‘n , net so korrupte regering, aangestel is, veroordeel word. Solank as wat kriminele die land regeer sal daar geen reg en geregtigheid wees nie.
Ag asseblief, reg in eie hande neem is seker by sommige ‘n verskriklikke skok.
Word wakker, die land sal goue medaljes wen by die Olympiese spele as
moord, verkragting, bedrog ens deel kon uitmaak van die spele.!!!!!
Als word sito siot aanvaar, en niks word aan enige iets gedoen nie.
Dan moet ons elke dag positief wees, want als gaan regkom. Rerrig???
Wel volgens Islam as hulle net nie klippe groter as ‘n man se vuis gebruik het nie, is dit nie barbaars nie.
…..met die polisie saamwerk. Wat ‘n grap: ons polisie EN regering laat ‘n MASSAMOORDENAAR wegkom – waarom maak hulle nou so ‘n bohaai oor EEN moord? Is dit om ons landsburgers te paai deur voor te gee dat menselewens nog vir hulle saakmaak? All the Nations Criminals!!!