Twee Nelson Mandelabaai-verpleegsters sterf dae uitmekaar

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Hush Naidoo/Unsplash)

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid sê die dood van twee verpleegsters die afgelope week in die Nelson Mandelabaai-metro is ʼn “dubbele slag”.

Die verpleegster, wie se naam nog nie bekend is nie, se lewelose liggaam is Donderdag in die verpleegsters se wooneenhede by die Livingstone-hospitaal in Gqeberha (Port Elizabeth) aangetref. Die oorsaak van haar dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

“Ons betuig ons innige meegevoel met haar familielede, vriende en kollegas. Ons is gebroke en verpletterd. Mag sy in vrede rus.”

Dié verpleegster se dood volg enkele dae ná dié van sr. Freda Hoogh wat Maandag by ʼn moederskapskliniek inmekaargesak het.

Nomakhosazana Meth, die LUR vir gesondheid, sê beradingsdienste is aan die verpleegsters se kollegas beskikbaar gestel.

“Ons verwerk nog steeds die dood van sr. Hoogh. Die jongste tragedie is werklik ʼn dubbele slag vir die departement.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.