Twee ondervra ná man langs voertuig geskiet word

(Foto: ER24)

Twee verdagtes is vir ondervraging ingeneem nadat ʼn motoris Maandag verskeie kere tydens ʼn gepoogde kaping in De Deur, noord van Vereeniging, geskiet is.

Kapt. Aubrey Moopeloa, woordvoerder van die polisie, sê die twee verdagtes word tans deur die polisie ondervra, maar is nog nie amptelik in hegtenis geneem of aangekla nie.

Die voorval het gister vroegmiddag plaasgevind toe drie verdagtes ʼn 47-jarige motoris by die aansluiting van Middle- en Treeweg in De Deur genader het. Volgens Moopeloa het die verdagtes ʼn vuurwapen op die bestuurder gerig en hom opdrag gegee om uit die voertuig te klim.

“Volgens die polisie se inligting het die bestuurder uitgeklim, maar in die proses die motorsleutels onder die bestuurdersitplek ingegooi. Hy het toe probeer weghardloop.

“Die verdagtes het gesien die sleutels is nie in die aansitter nie en het op die motoris geskiet. Hy is in die maag en been gewond,” het Moopeloa gesê.

(Foto: ER24)

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 13:15 na die toneel ontbied. Daar het hulle die man aangetref waar hy aan die kant van die pad langs sy voertuig gelê het.

“Hy het verskeie skietwonde opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Die man is op die toneel gestabiliseer voor hy per helikopter na ʼn private hospitaal gevlieg is,” het Meiring gesê.

Moopeloa sê daar word vermoed die verdagtes het te voet gevlug toe hulle besef die sleutels is nie in die aansitter nie en hulle gaan nie daarin slaag om die voertuig te kaap nie.

Sake van poging tot moord en poging tot kaping is by die polisie geopen.

Volgens Moopeloa loop die De Deur‑, Sedibeng‑ en Evaton-gebied die afgelope tyd erg deur onder voertuigkapings. Die polisie sal tydens hul ondervraging van die twee verdagtes vasstel of hulle met enige van dié voorvalle in die omgewing verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dolan ·

Ek dink die tyd het angebreek dat ons meer inligting kry soos bv. die ras van die anvallers en die van die slagoffers.

Net Ekke ·

Hoekom moet ras n kwessie wees?
(Ek dink mense maak inelgeval dadelik hulle eie afleidings oor watse ras die sondebok is)
Almal is mense deur God geskape, so wat maak dit saak wie aangeval is en deur wie, die feit bly staan dat die mense boos is …… in ALLE rasse en nie net een nie.
Dankbaar die motoris het oorleef.

anton ·

Dolan…….Sterkte met daai een!
Nie in die land sal jy ooit daai inligting op n nuusblad kry nie en die vader weet alleen hoekom nie!!! Oorsee is dit normaal ma hier? Aikona.
Ek het al baie gevra dat die volle inligting bekend gemaak word maar ek mors my tyd en krag.

JohanL ·

Dolan, ek kan nou al s^e die aanvallers was swart – en ek is nie rassisties nie, want meeste kriminele is swart (kyk na gevangenisdiens se statistieke oor tronke). So op dieselfde trant as wat Malema nou reken hy is nie rassisties nie, is ek ook nie rassisties nie. Die slagoffer kan ek my nie oor uitlaat nie.

Judge Dredd ·

@ Net Ekke – God het ook alle diere geskape – en ek jag en eet diere.

SAD ·

Dit kom nou van die LEKE wat hier raad gee op elke FORUM dat mense die sleutels moet weggooi en weghardloop want skynbaar gaan hulle nie raakgeskiet word nie . … As hy die sleutels in die motor gelos het het hulle weggery en het hy losgekom .. HOU OP SIMPEL RAAD GEE, dit KOS MENSE HULLE LEWENS ….

LB ·

@Ekke. As jy jou kop uit die sand gehaal het sal jy agterkom dat alles oor kleur gaan in Suid Afrika en dat ons wit velle in dieselfde gevaar leef as die Renoster. Wakkerskud Ekke, hoeveel wit ouens kaap mense, val plase aan en beroof winkels en huise? Dis nie veralgemening nie, dit is FEITE.

toy ·

Ek dink net op die ingewing van die oomblik doen jy wat jy dink die beste is, dit is maklik om te se hy moes so gemaak het en nie so nie. Ek is regtig bly hy het dit oorleef.

George in Bloem ·

In ‘n situasie soos hier bo doen die gemiddelde mens een van drie “f”‘s naamlik,”freeze,fight or flight”. Mens sal seker maar uitvind watter een jy gaan doen as jy in die situasie is. Dis altyd maklik om te se ‘n ander ou moes so of so gemaak het want “hindsight is always best”. Mens kan maar net bid jy kom nie in so ‘n situasie nie en as dit gebeur bid vir hulp en leiding om daaruit te kom en te oorleef.

Magda ·

Dis reg, freeze, fight, flight of die situasie opsom in enkele oomblik. Ek is deur twee swart jong seuns, voor my dogter aangeval. Een was agter my. Ek kon nie sien watter tipe wapen hy het nie. Die ander een was teen my met ‘n Okapi mes teen my keel. My enigste redding was kalmte. Ek het net my foon by my gehad. My dogter was in die motor besig om te parkeer. Ek het doodeenvoudig my foon oorhandig. Ek het uit daardie situasie gestap met net een sny aan my arm. BLY KALM en deurdink die situasie so vinnig moontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.