Twee ondervra oor Senzo Meyiwa-moord

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Senzo Meyiwa Foto: soccerladuma.co.za

Die polisie in Gauteng het Woensdag bevestig dat twee mense ondervra is in verband met die moord op Senzo Meyiwa.

Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates, is Sondagaand tydens ʼn vermeende rooftog by sy vriendin se huis in Vosloorus doodgeskiet.

Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is ondervra maar kon nie aan die misdaad verbind word nie. Volgens Malila het een van die mans self die polisie genader nadat daar vroeër identikits van die verdagtes uitgereik is en mense op Facebook gesê het hy lyk soos een van die verdagtes. “Die ondersoekers het hom ondervra en hy kon nie aan die misdaad verbind word nie.”

ʼn Tweede persoon is deur die metropolisie ingebring vir ondervraging. Hy kon ook nie aan die misdaad verbind word nie en albei persone is vrygelaat. “Daar moet benadruk word dat die ondervraging van ooggetuies en moontlike verdagtes ʼn integrale deel is van die normale ondersoekproses,” het Malila gesê.

“Die ondersoek gaan voort en ondersoekbeamptes volg alle wenke op wat deur Twitter, Facebook, Crime Stop en Crime Line ontvang word,” volgens Malila.

Genl. Riah Phiyega het Maandag tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat ’n spesiale taakspan aangestel is om die moord op Meyiwa te ondersoek.

Klik hier vir die identikits van die verdagtes en vorige berigte oor die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Hoop die ouens kom weg …. net dat die mense moet voel hoe dit in die boere-gemeenskap gaan as daar geen aandag aan die moorde gegee word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.