Twee onderwyseresse vermoor

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Twee onderwyseresse aan die Lekgalong Primary School in Ga-Rankuwa, Gauteng, is Maandag na bewering doodgeskiet. Die verdagte was glo een van die vroue se lewensmaat.

Volgens die Gautengse departement van onderwys is die twee onderwyseresse, onderskeidelik 27 en 26 jaar oud, glo omstreeks 15:00 in ʼn kamer in Ga-Rankuwa doodgeskiet.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê die twee onderwyseresse se liggame is in die kamer aangetref saam met die liggaam van ʼn man. Daar word vermoed dat die man die twee vroue geskiet het, waarna hy die vuurwapen op homself gerig het.

“Die polisie is die middag na die kamer ontbied nadat gemeenskapslede die geweerskote gehoor het. Die kamer se deur was gesluit en polisie moes dit oopbreek. Daar het hulle die liggame van ʼn man en twee vroue in die kamer aangetref,” sê Masondo.

Die polisie ondersoek twee sake van moord en ’n geregtelike doodsondersoek is reeds begin.

Die onderwysdepartement het beraders aan die skool verskaf om die onderwysers en leerders by te staan.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het die voorval as betreurenswaardig beskryf.

“Ons is verpletter oor hierdie grusame daad wat die lewe van twee van ons jongste en knapste opvoeders geneem het. Ons betuig ons innige meegevoel aan die familie en alle geraakte lede van die Lekgalong-gemeenskap,” het Lesufi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Genis ·

Met jaloesie is our people so besitlik, hulle moor nou… Dis tragies..

Swerwer ·

Die “Beraders” wat deesdae orals beskikbaar is en gestuur word, klink meer net na ‘n geldjag skema.
Toe skool nog skool was en die Onderwys departement nog Onderwysdepartement was, was daar nie “beraders” vir elke voorval nie. Jy as skolier is ingelig van die afsterwe van die Onderwyser/Onderwyseres of mede leerling en die lewe het aangegaan. Nou word dit absoluut opgeblaas en by baie gevalle uit verband geruk.

AmY ·

Ek onthou dit ook so. Op skool (1988) het een van die leerlinge selfmoord gepleeg. Daar was geen beraders gewees nie.
Ons het maar net weer aangegaan met ons lewens.

Genis ·

Hierdie silekunde is partykeer meer skadelik as behulpsaam… Wil altyd dieper krap as moet…

Nie Verbaas ·

En dit is die gene waarmee ons n ekonomie moet bou. Kan nie verder dink as wat neus lank is nie.

Christine ·

Innige simpatie aan die families. Geen lewe moet so beeïndig word nie, ongeag die redes. Ons lewens is niks werd nie en jongmense het nie die verstand of die houding om deur hul verskille en griewe te werk nie. Jongmense van vandag wil nie sakke sout eet nie en volg die maklikste uitweg. Dit gaan oral so, selfs in eerstewereldse lande soos Amerika. Kinders word groot in geweldadige omstandighede.

Waarnemer ·

Liefdes driehoek….nou ondersoek die polisie 2 moordsake en gaan die man in sy afwesighyid skuldig bevind word en kry hy 3mnde gevangenis straf opgeskort vir 30 jaar….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.