Twee ongelukke eis drie lewens

Die motorfietsryer en sy passasier is op slag dood in die trompop botsing met ’n minibustaxi naby Stanger. Foto: Verskaf

Drie mense het hul lewe in twee afsonderlike ongelukke vroeg Sondagoggend in KwaZulu-Natal verloor.

Paul Herbst, woordvoerder van die reddingsdiens IPSS, sê ʼn motorfietsryer en sy passasier is omstreeks 05:00 op slag dood in ʼn grusame trompop botsing teen ʼn minibustaxi op die Doesburgpad by Stanger naby die provinsie se noordkus.

Paramedici het met hul aankoms op die toneel vasgestel dat die bestuurder én sy passasier noodlottig beseer is. ʼn Insittende van die taxi het geringe beserings opgedoen, sê Herbst.

Die bakkie het nagenoeg 30 m by ’n brug afgestort. Foto: Verskaf

Die polisie moet nog die oorsaak van die ongeluk vasstel.

In ʼn afsonderlike ongeluk het IPSS talle oproepe ontvang nadat ʼn bakkiebestuurder by ʼn brug afgery het op die R102 naby aMatikulu, sowat 20 km suidoos van Eshowe, ook aan die KwaZulu-Natalse noordkus.

Met hul aankoms het hulle vasgestel die bestuurder van die bakkie het beheer oor sy voertuig verloor en nagenoeg 30 m na benede gestort. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op slag dood.

Die plaaslike brandweerafdeling moes lewenskake gebruik om sy liggaam uit die wrak te bevry, sê Herbst.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Thessa ·

Taxis verban hulle want hulle dink hulle kan doen wat hulle wil en ry soos hulle wil hulle is n evil op die pad. Hulle veroorsaak 80% van sterftes en ongelukke op die pad.

AW ·

@Thessa stem saam met jou, maar Jy weet en ek weet, Dat in SA, dit Nooit sal Gebeur Nie!!

Jacalas ·

Kyk bietjie mooi na die foto. Die impak was in die taxi se baan. Jy kan nie net aaneem dis die taxi se skuld nie.

Meisie ·

Dis nie altyd die taxi se skuld. Kyk maar hoe roekeloos ry sommige motorfietsryers.

Nika ·

@jacalas jy kan nie bepaal wie se baan dit is nie, as n voertuig n motorfiets tref spin en draai en skuur hy oor in die pad. Wag maar eers vir volle storie voor jy beskuldigings maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.