Twee ontsnap ná skietery by polisiestasie

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na twee moordbeskuldigdes nadat hulle Saterdagoggend tydens ʼn skietgeveg by die Marble Hall-polisiestasie in Limpopo ontsnap het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het gesê twee polisiebeamptes het Saterdagoggend vir die twee mans wat ontsnap het en nog ʼn man ontbyt gevat toe hulle oorrompel is. “Hulle kon daarin slaag om ʼn vuurwapen by die beamptes af te neem en het hulle weg uit die polisiestasie geskiet,” het Mulaudzi gesê.

Een van die drie mans is doodgeskiet en ʼn polisiebeampte is in die been geskiet en gewond. “Die ander twee verdagtes is steeds soek.” Volgens Mulaudzi het die polisie reeds die vuurwapen wat gesteel is, teruggekry.

Hy het gesê die voortvlugtiges is baie gevaarlik. “Hulle is in hegtenis geneem op aanklag van moord, poging tot moord en besigheidsroof. Ons doen alles wat ons kan om hulle te vind,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

Die polisiebeamptes wat kos moes vooersien en oorrompel is,is heelmoontlik twee ver oorgewig hulpelose vroue, nie instaat om enige situasie te hanteer nie, ook nie die besit van n vuurwapen nie. Hierdie tendens neem hand oor hand toe. Dit bevestig die toestand van hededaagse veiligheidsdienste. Maar werk moet hulle kry ongeag of hul daarvoor kwalifiseer of nie.

2Roedolf1 ·

Polisieman wat die kos invat mag nie sy vuurwapen saam in die selle inneem nie .sleg sy mede lede wat no een die deur toemaak en no twee op gereedheid as so iets gebeur .En as opgeleide polisiemanne so mis skiet dat hulle slegs een doodskiet terwyl hulle net een pistool by hulle het met 16 rounds en dit binne in n klein spasie ASB gaan leer skiet weer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.