Twee ontsnaptes weer vas

Argieffoto

Argieffoto

Twee verhoorafwagtende gevangenes wat vroeër vanjaar uit die Bethanie-polisie se aanhoudingselle naby Brits ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê Patrick Moyo en Zacharia Chauke is Woensdag in hegtenis geneem nadat inligting van die publiek ontvang is.

“Moyo (26) en Chauke (32), wat onderskeidelik van Zimbabwe en Mosambiek af kom, sal binnekort in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding.”

Die twee het in April vanjaar saam met Victor Madonsela (41) ontsnap nadat hulle glo die diefwering voor ʼn venster verwyder het. Hulle was in aanhouding vir sake van huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joann ·

Dit is al wat polisie doen. Vang hul,laat hul ontsnap,vang hul weer. Lekker speletjie.

Frederik ·

Dit moet maar sleg gaan in hul onderskeie lande van herkoms, as hul na hul suksesvolle ontsnapping, nie eers daarheen wou terugkeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.