Twee ontvoerdes vinnig ná kaping gered

(Foto: JMPD/Facebook)

Drie mans is Saterdag in Kensington, Johannesburg in hegtenis geneem danksy vinnige reaksie deur die Johannesburgse metropolisie.

“Die beamptes was omstreeks 16:40 op patrollie toe hulle ʼn kaping en ontvoering in Orionstraat opgemerk het,” sê Xolani Fihla, woordvoerder van die JMPD. “Twee persone in ʼn blou Chana Benni is met vuurwapens gedreig en uit hul motor gedwing. Die beamptes het ʼn U-draai gemaak en die verdagtes het van die toneel gevlug.”

ʼn Silwerkleurige Toyota Etios, sonder nommerplate, het in een rigting weggejaag en ʼn wit Toyota Quantum het in ʼn ander rigting weggejaag. “Beamptes het besluit om die Toyota Quantum agterna te sit, omdat die ontvoerde slagoffers in dié voertuig gedwing is. ʼn Hoëspoedjaagtog het gevolg en skote is gevuur terwyl beamptes probeer het om die Quantum tot stilstand te dwing.”

Die bestuurder van die Toyota Quantum het beheer verloor oor die voertuig en in ʼn boom op die hoek van 11de Laan en 8ste Straat in Kensington vasgejaag.

“Drie mans is in hegtenis geneem. Een verdagte het weggehardloop. Beamptes het beslag gelê op twee 9 mm-pistole op die toneel. Die twee slagoffers is gered en hulle het geen beserings opgedoen nie.”

Die slagoffers het na bewering ʼn groot bedrag kontant by hulle gehad waarmee die verdagtes in die Toyota Etios weggekom het.

Angie Mokasi, waarnemende hoof van die JMPD, het die vinnige reaksie van die beamptes geloof. Sy het hulle aangemoedig om voort te gaan om inwoners van Johannesburg te beskerm en hul lewens te red.

Die persone wat in hegtenis geneem is, is vroeër verdink van kapings en gewapende rooftogte in die Jeppe-gebied. Hulle was uit op borgtog.

“Hulle staan nou tereg op aanklag van kaping, ontvoering en die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nie Verbaas ·

Hulle was uit op borgtog en toe herhaal geskiedenis ditself. Baie effektiewe regstelsel!!! Pateties om die monster te sê.

Swerwer ·

Dankie vir jul oplettendheid “Beamptes”. Hierdie nuwe lewensstyl van Cowboy en Crooks in die Wilde Weste is absoluut ‘n lewensstyl waarby aangepas moet word.

My siening ·

Maar borg sal hul weer kry en dan kry hulle sommer n vuurwapen as geskenk pakkie by SAP. O HOE WENS EK EK WAS JONGER, dan het ek die land verlaat want verk van honger is ons voorland met ANC EN KADERS!

Christine ·

Afrikaners was slegs vir 33 jaar aan bewind van ons land. Ons was aan stuur van 1961 tot 1994. Laat ons hoop in die volgende paar jaar gaan die volgende verskuiwing plaasvind, die keer na beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.