Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Vrydag omstreeks 14:00 na die myn ontbied. “Met ons aankoms op die toneel is twee van die myners, albei Lesotho-burgers, dood aangetref. Nog 22 myners is in hegtenis geneem weens onwettige mynbedrywighede. Drie van hulle was siek en moes onder streng polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem word. Een van hulle was ʼn minderjarige seun van Zimbabwe,” het Thakeng gesê.
Hy het gesê die drie myners is in die hospitaal opgeneem weens die inaseming van metaangas in die myn. Die verdagtes is onderskeidelik van Lesotho, Zimbabwe, Rustenburg, Klerksdorp, Soweto, Springs, Pretoria, Bekkersdal, Evaton en Welkom.
“Die verdagtes sal tereg staan op aanklagte van betreding, poging tot diefstal van goud en onwettige immigrasie,” het Thakeng gesê. “Ons sal voortgaan om onwettige mynbedrywighede op die Goudveld hok te slaan.”
Alweer buitelanders wat kom oorvat in SA stuur hulle tronk toe of huis toe
Waaroor karring ALMAL???? Dis werkskepping…..
So van die mense gaan dood….. Hulle moet weet dis ‘n moontlikheid.
Onwettige myning is soos dwelm verkope of prostitiesie…
ALMAL soek geld – ALMAL wil oorleef.
Maak dan S.A. se “deure” toe vir immigrants en deport ALMAL onwettig in die land.
Kyk of dit nie die werkloosheids syfers gaan reguleer nie.
Die groot buitelandse mynhuise vind dit nie lewensvatbaar om te myn nie want vir hulle is wins belangrik, nie werkskepping nie.