Twee ‘onwettige mynwerkers’ doodgeskiet

Argieffoto van onwettige mynbedrywighede (Foto: Jennifer Bruce/ZUMA)

Twee mans is Maandagaand in Allanridge in die Vrystaatse Goudveld doodgeskiet.

Die mans was vermoedelik zama-zamas (onwettige mynwerkers).

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is omstreeks 21:30 na ’n misdaadtoneel by ’n mynskag in die omgewing ontbied waar hulle die liggame van twee mans aangetref het.

Albei mans het ’n skietwond aan die kop gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Een van die slagoffers is sedertdien geïdentifiseer as die 34-jarige Teboho Makhapha. Hy is oorspronklik van Lesotho, maar het ten tyde van die voorval in ’n informele nedersetting in Allanridge gewoon.

Die ander slagoffer (32) is in dié stadium nog nie geïdentifiseer nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om speursers. Tshidiso Tshabalala by 071 518 0995 te bel.

Dié moorde volg enkele weke nadat die liggame van sewe onwettige mynwerkers langs die N12-hoofweg naby die Putfontein-afrit in Gauteng aangetref is. Dié mans was ook van Lesotho afkomstig.

Al die liggame, afgesien van een met brandwonde, het koeëlwonde gehad.

Daar word vermoed dat die mans ondergronds vermoor is en moontlik deel van voortgesette onwettige mynbedrywighede was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
JK

Onwettig. Dis oortreding en diefstal.

marous

Waarom word hul bedrywighede nie stop gesit nie ? Want daar is regerings amptenare wat baie geld ontvang , dis hoekom .

Phillip

Dalk moet hulle werk en as hulle iets opring bontoe dan word hulle geskiet en vat wat hulle ge kap het so maklik soos dit dan is dit hulle sen en word nie verdeel nie

Lou

Ongeidentifiseerde slagoffer maar hulle weet hy is 32 jaar oud ??

Julius

En dan wil hulle die lesotho greens oopgooi?