Twee Oos-Kaapse beamptes tegelykertyd vasgetrek

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee Oos-Kaapse wetstoepassers sal Donderdag in die hof verskyn nadat hulle onderskeidelik vasgetrek is vir sameswering tot moord en vervalsing van inligting.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn polisiebeampte en verkeersbeampte van Mthatha is Dinsdag in hegtenis geneem.

ʼn 42-jarige adjudant-offisier is in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat sy glo twee huurmoordenaars elk R5 000 aangebied het om haar man te vermoor. Die vermeende huurmoordenaars het egter haar man in kennis gestel, en hy het die saak by die Valke aangemeld. “Ons ondersoek het getoon dat daar nog mense by die saak betrokke is en nog inhegtenisnemings word verwag,” het Mulaudzi gesê.

Terselfdertyd is ʼn 46-jarige verkeersbeampte vas nadat hy glo ʼn vervalste matrieksertifikaat ingedien het toe hy in 2011 by die verkeersdepartement aangesluit het.

“Die beampte het glo die uitslae van ʼn ander student gedupliseer en voorgegee dat dit syne is,” het Mulaudzi gesê. “Hy is by sy huis in hegtenis geneem, waar daar op nog dokumente beslag gelê is. Die ondersoek duur voort.”

Genl.maj. Mthandazo Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, het sy teleurstelling oor die inhegtenisnemings uitgespreek en gesê polisiebeamptes moet hulself van onwettige aktiwiteite distansieer. “Geen polisie- of verkeersbeampte is bo die gereg nie. Daar is nie plek vir korrupte beamptes in die SAPD of enige ander regeringsinstansie nie en ons sal voortgaan om te verseker dat enigiemand met hierdie kriminele ingesteldheid verwyder word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HEVW ·

Dit is verseker die verweideringsproses sal nimmereindigend wees.

CHRISTA ·

Hoe kan ons verwag dat ons polisie vlekkeloos moet wees as die Minister van Polisie so korrup is!!!

fiki ·

The state alleges that a former police colonel from Vereeniging sold firearms that were intended to be destroyed to gangsters.

The 55-year-old, Christiaan Prinsloo, appeared briefly in the Bellville Magistrates Court in Cape Town on 28 firearms related charges.

He was re-arrested two days ago after being nabbed in January in Vereeniging on the same charges.

His attorney, Grant Smith, says his client has been granted bail of R20 000.

“It appears that the matter is now going to be centralised and be heard. We are awaiting a possible High Court date in Cape Town.

The charges which we provisionally placed before the court today the majority thereof pertains to firearms and firearm dealing as such.”

The state did not oppose bail because the accused is not considered to be a flight risk and would not intimidate members of the public.

Prinsloo will again appear in court on the 11th of September when he’s expected to plead.

Winston ·

Wetstoepassers. Werkskep geleenthede of wetstoepassing? Doen behoorlike agter grond ondersoek voordat n beampte aangestel word. Dit sal minder rooi gesigte tot gevolg hê. Of sal dit?

Paulind Majiedt ·

Dankbaar vir huurmoordenaar wat hul verstand gebruik het om haar man in kennis te stel hul het beslis die regte dink gedoen.

Paulind Majiedt ·

Dankbaar vir huurmoordenaar wat hul verstand gebruik het om haar man in kennis te stel hul het beslis die regte dink gedoen.

NEL ·

Winston, as hulle eers krimminele rekords moet nagaan voor hulle die werksoekende lede in diens moet neem sal daar nie die helfte kwalifiseer vir die werk nie. Jy sien hoe gaan dit al in die weermag, hulle soek nou al wit kanidate om die poste te vul, aangesien die wat reeds in diens is nooit by die werk is nie maar elke maand die salaris tjekkie ontvang. Sal graag wil sien dat ons swaar verdiende belasting geld beter bestuur word en nie deur die klomp nikswerd staatsamptenare en kamerade so uitgemors word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.