Twee op borgtog weer vas ná string misdade

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat van ontvoering aangekla word en op borgtog vrygelaat is, is weer in hegtenis geneem nadat hulle glo vir etlike maande by ʼn string ander misdade, insluitend moord, betrokke was.

Die twee mans, Samuel Kubo (29) en Elias Masilo Gafane (34), is in Mei verlede jaar saam met Benny Mudau (35) op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Die mans is daarvan beskuldig dat hulle ʼn vrou voor haar oom se huis in Nirvana, ʼn woonbuurt in Polokwane, ontvoer het. Hulle het ʼn losprys van R3 miljoen geëis. Die vrou is drie dae later ongedeerd vrygelaat tydens ʼn polisieoperasie waartydens drie polisiebeamptes gewond is. Die verdagtes is later in hegtenis geneem.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie mans was veronderstel om op 18 Januarie weer in die Mankweng-streekhof te verskyn. Slegs Mudau het vir die hofverskyning opgedaag waarna lasbriewe uitgereik is vir Kubo en Gafane.

Die polisie het onmiddellik na die twee mans begin soek. Gafane is by die Jane Furse-polisiestasie gevind waar hy in hegtenis geneem is op aanklagte van poging tot transitoroof, die besit van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Verdere ondersoek het die Valke na die Mmakau-polisiestasie gelei waar Kubo in hegtenis geneem is op aanklagte van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Kubo en Gafane het Dinsdag in die Mankweng-streekhof verskyn rakende die nuwe aanklagte teen hulle en die saak is tot 27 Februarie uitgestel. Mudau sal by dié geleentheid saam met sy medebeskuldigdes verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Selfbeskikking ·

Daar is GEEN hoop vir hierdie patetiese wetstoepassing nie, Ons moet net eenvoudig op Ons eie gaan. Laat ons met die regering begin onderhandel asb.

Bekommerd ·

Ek wonder wie is vermoor?,vir my lyk dit of die regstelsel gefaal het soos in so baie ander gevalle.

Justice ·

Jy verset jou teen arres, skiet 3 polisie beamptes en dan kry jy borg om verder misdaad te pleeg? Ons regstelsel is alles behalwe reg.

Ja nee ·

Ja nee Justice die som klop nie, hulle was op heterdaad gevang, daar was nie twyfel of dit hul was, hoe kan dit in belang van geregtigheid wees om los gelaat te word op borg? Mense regte beskerm kriminele – die Polisie beamptes wat die land en mense beskerm het geen regte hier gehad net soos elke eerlike burger van kind tot oudste persoon – uitgelewer aan kriminele!

Ja nee ·

Ek wil net n klein stukkie by jou voeg Justice, die Regter in die saak moet saam skuldig wees in alles wat na hul borg gebeur het, dit sal net regverdig wees, hy het geweet hul is tot moord in staat met geen respek vir niemand, vrees nie eens die gereg nie!

tamboti ·

En moenie die regsverteenwoordigers vergeet nie, hulle verkoop hul siele saam met reg en geregtigheid om “menseregte” aan sulke gewoonte en onrehabilteerbare misdadigers, te eis.
Die regshulp moet ook by hul eed hou maar nogsteeds verantwoordbaar wees oor die gevolge. As hul slim genoeg is om die aanklaer, regter of landros om die bos te lei, kan hul seker ook deur die misdadiger sien???

Johannes van Staden ·

Gaan seker nou weer borg kry ….of nee wag …hulle gaan ontsnap uit aanhouding …al baie gelees mense ontsnap

G ·

Haha, wat het hulle verwag? Dat die kriminele nou eweskielik ‘n skoon blaadjie gaan omslaan as hul borg kry? Wat ‘n patetiese regsstelsel, en dan wil almal altyd prokureurs en advokate ens. word.

Alida ·

Hulle moes in die 1ste plek nie borg gekry het nie. Pateties

Riaan ·

Dits waar ek wil weet….as so persoon iemand wie ek ken dood maak …kan ek n civil saak indien of nie?

André ·

As hulle eers kriminele dade doen, sal hulle aanhou daarmee. Dit word soos 2de natuur. ‘n Krimineel moet daarom nie op borgtog vrygelaat word nie.

Simon ·

Ek gaan nie eers kommentaar lewer nie.

Daar word gese om iets weer en weer te probeer en n ander uitslag te verwag grens aan imbisiliteit.

Ek is beslis nie imbisiel nie

Simon ·

Ek gaan nie eers kommentaar lewer nie.

Daar word gese om dieselfde aksie weer en weer te probeer en elke keer ander uitslag te verwag grens aan imbisiliteit.

Ek is beslis nie imbisiel nie

Dries ·

Ek sal dit hoog op prys stel as daar ondersoek ingestel kan word teen hierdie regters wat na willekeur borgtog uitdeel.Hulle is een van die groter probleme vir die polisie en ons gewone landsburgers. Dalk iets vir adv. NEL ?

Awie Opperman ·

So as ek dit reg verstaan, as jy blank is en jy rand ‘n persoon aan, dan word jy borgtog geweier, soos die twee manne wat die ou in die kis gesit het. As jy swart is, dan kan jy mense ontvoer, jou verset teen arrestasie (waar 3 polisiemanne beseer is) en dan kry jy steeds borgtog. Dit is ‘n absolute skande dat daar skaamteloos teen blankes diskrimineer word in ons geboorteland. Ek stem nie saam met die dade van die bg persone nie, maar wat geld vir die een moet geld vir die ander, almal moet gelyk wees voor die reg. Het die staat ooit borgtog teengestaan in die saak teen Kubo en Gafane?

Leonie ·

Dit was nie baie slim om hulle borg te gee nie. Ons land sal ook nooit leer nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.