Twee op kleinhoewes in Gauteng aangeval

Die voorval in Paardekraal. Foto: Netcare 911

Die voorval in Paardekraal. Foto: Netcare 911

Twee mans is Vrydagaand kritiek beseer in twee afsonderlike aanvalle op kleinhoewes in Gauteng.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 21:37 na ʼn kleinhoewe in Chartwell, Randburg, ontbied.

Volgens Botha is ʼn 55-jarige man kritiek beseer en het paramedici die man gestabiliseer voor hy per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. Maroela Media het die polisie om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

Paramedici van Netcare 911 is intussen ook Vrydagaand omstreeks 23:16 na ʼn kleinhoewe in Paardekraal, Krugersdorp, ontbied. Volgens Botha is ʼn 49-jarige man met ʼn private voertuig na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, hoewel paramedici hulle op pad teëgekom het.

“Paramedici het die kritiek beseerde man behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere mediese sorg geneem.” Maroela Media het die polisie ook in dié geval vir kommentaar genader en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veritas ·

Die plaas- en kleinhoewe aanvalle kom nou so dikwels voor dat die kriminele ‘n vereniging sal moet stig om te bepaal watter groep, watter eiendom op watter dag en watter tyd, mag aanval. SA is in sy mo.. ekskuus, peetjie. Regsgehoorsame burgers gaan vergeldingsgroepe begin wat in ‘n lelike ding kan ontaard as die regering nie daadwerklik begin optree nie.

vierkleur ·

Ek see nogsteeds n oog vir n oog en n tand vir n tand.
stilsit of stem in n verkiesing gaan nie hierdie probleem oplos nie. Bewapen jouself,
voor dit te laat is. Die wat vuurwapens het, haal dit uit jou kluis,want daar beteken dit niks

Isabel ·

2 Weke gelede is ons aangeval. Aanvaller of sal ek eerder sê moordenaar was n meter vêr van my toe hy op my skiet. Gelukkig was ons gewapen en het hulle gevlug met n paar bloedstrepe agterna. Die trauma wat jy deurmaak is baie erg.

Liewe heksie ·

Veritas stem saam jou as hul gereg in eie hande kan neem hoekom nie ons ok nie as jy gemors het dan gooi jy dit mos weg

Liewe heksie ·

Veritas stem saam jou as hul gereg in eie hande kan neem hoekom nie ons ok nie as jy gemors het dan gooi jy dit mos weg

Nicky Thompson ·

My broer se seun is Vrydag in ‘n plaasaanval in Rustenburg dood nadat hy in die rug geskiet is!!!! Gewetenlose lafaarde met geen respek vir enige lewe nie. Maak dinge van rasisme en rassehaat net erger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.