Twee op Limpopo-plaas vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Limpopo stel ondersoek in ná twee persone, ‘n boer en sy plaaswerker, op ʼn plaas in Radium, Bela-Bela (Warmbad) vermoor is.

Simon Malebane (61), die boer, is Saterdag dood aangetref in sy huis. ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê Malebane is vermoedelik by sy voertuig oorval en met ʼn onbekende voorwerp aangeval. Hy is na sy huis gesleep, vasgebind met tou en vermoor.

Daniel Ngoagamobe (59), ʼn plaaswerker, is langs die huis dood aangetref. Hy is ook vasgebind en doodgeskiet. Polisiebeamptes het ʼn 9 mm-doppie op die toneel gevind.

Malebane het vuurwapens in sy besit gehad en dit is nog nie in hierdie stadium nie duidelik of sy vuurwapen gesteel is en dit gebruik is om die werker dood te skiet nie. Dit is ook nie bekend of enige ander eiendom vermis word nie.

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Volgens die familie was Malebane betrokke in ʼn hofsaak waar kerkgroepe betrek word oor grond in die Mokopane (Potgietersrus)-gebied en die vermoede bestaan dat dit die motief kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan ·

Plaasmoorde bly ‘n vreeslike ding. Dit maak enige regdenkende mens absoluut woedend!

Spook op thaba ·

Dit is op Radium by Brits. Simon.was nie net n boer nie, maar ook n sakeman

Tante ·

Moontlik was dit nie n gewone rede plaasaanval nie maar vyandige aanval deur die kerkgroep. Maak nie saak waaroor dit gegaan het nie dis afskuwelik soos dit in die land gaan. Laat geregtigheid geskied in hierdie land van ons asb Hemelse Vader????

Jaco van der Sluis ·

Simon Malebane wa my direkte buurman. Hy en ek het al baie besigheid gedoen, mekaar gehelp ens. Hy was ‘n fantastiese mens, vriend en buurman. Ons as familie se harte gaan uit na sy familie en ook na Daniël se familie. Dis net weereens 2 sinnelose moorde teveel. Ons hoop dat moordenaars gou gevang sal word en die sonlig buite die tronk nooit weer sal sien nie. Simon, ek groet jou my vriend!

SjN ·

Jaco, ek besef en waardeer hoe jy voel, hoekom is sy eie mense daarvoor verantwoordelik, geen wet en orde is die oorsaak.

HPV ·

Dit is tans veiliger in baie oorloggeteisterde lande, hul daaglikse ongevalle syfer is laer as ons daaglikse moordsyfer. Al wat mens kan doen is om internasionaal mense te waarsku om hierdie hool te vermy en sodoende te bly lewe.

Touleier ·

Die regstelsel van die slap samelewing moet blameer word. Niks skrik misdadigers meer af nie, want hulle weet hulle gaan niks oorkom nie, indien hulle ooit gevang word!

Johan Maritz ·

Spook van Thaba ek dink jy gaan by die verkeerde plek spook want Radium is 19 km buitekant Warmbad oppad na Hammanskraal.Hierdie was ook nie n plaasmoord nie maar wil lyk soos n kerkmoord.

Ronell ·

versoek Solidariteit en Agriforum om te veg vir die Doodstraf om terug gebring te word

Manie van Worcester ·

ek sal eerste teken op n dokument daarvoor en skrapping van menseregte vir oortreders van wet

Grobler Steyn ·

Dit spruit uit faksie gevegte niemand verkrag verbrand gemartel nie so moet dit groot seblief nie n plaasmoord noem nie

Magda ·

So jammer om van NOG n PLAAS MOORD te lees- baie sterkte aan die Families van die oorledenes – Hoop die GEMORS VAN N MENS word gou gevang.

Katrein ·

Dis so hartseer as ons boere so uitgemoor word. Maak nie saak wat hulle kleur is nie en dit geld vir die plaaswerkers ook. My hart gaan uit na hulle familie en vriende en bure. RIP Simon en Daniël.

Jerry ·

Die donker siele van georganiseerde misdaad loop met die bybel onder die arm heel voor in die koor. Interresant hoe die bevrydingsbeweging tydens apartheid die kerke gebruik het om die bevrydingteologie te verkondig en hoe maklik dit omgeskakel is na georganiseerde misdaad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.