Twee op motorfiets dood ná botsing

Die nooddienste Sondag op die toneel. (Foto: Netcare 911)

’n Motorfietsryer en sy passasier is Sondag in KwaZulu-Natal dood nadat die motorfiets teen ’n bakkie gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die nooddienste is omstreeks 13:16 na die toneel op Mhlabunzimaweg naby Natal Crushers in Pietermaritzburg ontbied nadat ’n motorfiets en ’n bakkie glo reg van voor gebots het.

Die motorfietsryer het noodlottige beserings in die voorval opgedoen en is by paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.

Die man se passasier is kritiek beseer in die botsing en is na ’n hospitaal vervoer vir mediese behandeling. Sy het egter daar aan haar beserings beswyk.

Dit is nie duidelik of die bestuurder van die bakkie in die voorval beseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jack ·

My innigste simpatie met die oorledenes en hulle familie. Ek weet uit eie ondervinding hoe so ‘n botsing lewens verwoes, radikaal verander, lewensideale laat verander in as in jou mond, al het jy dit oorleef. So ontsettend tragies.

Oom Hennie Pennie ·

So tragies. Ek dra nou nog die letsels van ‘n motorfiets ongeluk 35 jaar gelede.

Realis Thailand ·

My innige simpatie aan die familie.
Die arme familie sal vir altyd die pyn en verlange he vir die twee mense.
Wonder maar net wie se skuld dit was
Hier waar ek woon sterf daar elke 25 minute n persoon op n motorfiets agv die hoeveelheid en die swak padgedrag van die mense op die paaie hier

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.