Twee op waarskuwing ná moord op Pofadder-man

Leon Brits en sy vrou Suretha. (Foto: Verskaf)

Twee van die drie verdagtes wat tereg staan vir die moord op Leon Brits (41), eienaar van die gewilde Pofadder-hotel in die Noord-Kaap, is op waarskuwing vrygelaat.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê Amantle Bareki (24) en Enrich Williams (37) het Vrydag in die landdroshof op Pofadder verskyn.

Hulle sal na verwagting weer op 22 Februarie in die hof verskyn.

Die derde verdagte, Jacques van Vuuren (34), het Maandag vlugtig in dieselfde hof verskyn. Hy sal na verwagting op 11 Desember ʼn aansoek om borgtog indien. Hy bly tot dan in aanhouding.

Ramatseba sê die polisie se ondersoek duur voort.

Maroela Media het vroeër berig Brits is op 7 Oktober vanjaar met meswonde dood aangetref. Hy is vermoedelik verwurg en met ’n skerp voorwerp gesteek voordat sy liggaam in die onderdakswembad agtergelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Persheks Adri ·

Net ‘n waarskuwing regtig? Nou gaan hulle verder kan moor pffft

Hoekom ·

Uit op waarskuwing want in die land is dit wettig om witmense te martel en te vermoor…

Nic ·

ja hoekom tipies hoe ons land met moord en korupsie hanteer word .was dit nou andersom was. land weer in chaos

Debbie ·

Kan jy dit glo. Het geen woorde nie. Waarskuwing vir moord

Renier johannes ·

Geen reg stelsel nie . Dood straf vir alle moordenaars en verkragters dan sal die tronke leeg wees .word wakker anc

Boertjie ·

Kan jy dink hoe konsekwent dit toegepas sal word? Dink mooi. Wit op swart geweld, sit sonder borg. Swart op wit geweld, uit sonder borg. Hoe regverdig sal die doodstraf toegepas word deur die regbank?

Saartjievandiebosveld ·

Wat….met ‘n waarskuwing uit vir moord. Hierdie regstelsel is ‘n grap….

Patch ·

Ekskuus maar het ek die eerste paragraaf reg gelees?????? Absurd!!! Hoe kan dit geregverdig word?

Antoinette ·

Absoluut ongelooflik. Wie het op die Regsbank gesit? ‘n Idioot? Hulle sal nooit weer hulle verskyning maak nie. ‘n Graad 1 kind sal dit weet.

Petrus Johannes ·

Dit wys maar net die howe gee n snars om vir ons blankes

Johann ·

Askuus? Hulle word dus gewaarsku om nie weer iemand te vermoor nie? Dis tog wat dit beteken? SIEK!

Jannie van Niekerk ·

Die regstelsel in Suid Afrika is ‘n grap en is moordenaars, verkragters, plaasaanvallers, kindermolesteerders en transitorowers postitief goedgesind en slagoffers word die misdadiger gemaak. Dis ‘n baie groter misdaad in SA om die ou oranje blanje blou vlag te vertoon as wat dit is om onskuldige mense te vermoor.

Swerkater ·

2 kaders op waarskuwing vrygelaat en die ander 1 bly in aanhouding? Unbelievable

Nie Verbaas ·

Staan tereg op moord en word vrygelaat op waarskuwing? Dit is nou waar die 30% deur sif. Is die mense mal?

christo ·

Ja, né. As dit ‘n wit op swart moord was, het die verdagtes nie eers in aanmerking om borg kry nie.

Genis ·

Moet asb net nie iemand met n doodskis dryg nie…. dis absurd

Dirk Mostert ·

Die blanke bly in aanhouding, die ander word vrygelaat. Dis mos rasse-diskriminasie! Wat verhinder die ander twee om oor ons poreuse grens te verkas? Met moontlike lewenslank in die vooruitsig het hulle mos niks om te verloor nie.

Sarel ·

Staatsaanklaer of Landros wie gee net waarskuwing.
Was daar iets aan dud gang.
Waarskuwing vrygelaat na moordklag?

Jakes ·

Daar gaan nie n dag verby waarin daar lagwekkende of twyfelagtige uitsprake in ons howe gemaak word nie. Geen wonder dat meeste van ons regsgeleerdes in die huidige SA nie werk in die buiteland kan kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.