Twee Oseane jammer oor medaljes, water

Foto: Twee Oseane/Twitter

Die organiseerders van die Twee Oseane-marathon wat die naweek in Kaapstad plaasgevind het, het om verskoning gevra vir die tekort aan medaljes en water.

Volgens die organiseerders is hulle bewus daarvan dat deelnemers wat in die laaste oomblikke voor die afsnytyd klaargemaak het nie die oorspronklike marathonmedalje ontvang het nie.

Daar sal intussen binne 48 uur kontak gemaak word met die betrokke deelnemers om die saak reg te stel. Indien jy geraak word en die organiseerders nie met jou kontak maak nie kan jy hulle laat weet by 087 740 5260.

Die organiseerders het intussen ook om verskoning gevra vir ʼn watertekort wat langs Ou Kaapseweg voorgekom het.

“Die vloeistowwe wat verskaf is, was Powerade, Coca-Cola en water. Dit is in koppies gegooi en nie in sakkies nie, gegewe ons verbintenis tot ʼn plastiekvrye sone op Ou Kaapseweg tussen die 26 km- en 36 km-punte soos deur SANParke vereis is.”

Volgens die organiseerders was hul beplanning gegrond op statistieke van vorige jare.

“Ongelukkig het ons nie die vermorsing wat plaasgevind het omdat water in koppies verskaf is in ag geneem nie, asook nie die verhoogde vraag na water weens die steil roete nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Santjie ·

Dan was die “organisasie” swak gewees – veral as dit nog op statistieke gebaseer was

Nuwe Generasie ·

Presies, hul moet mos kyk na die aantal inskrywings en daarvolgens werk. Hoe het hulle nou gedink statestiek gaan hul help?

Arie ·

Dit is pateties!! Kan dit nie eers meer reg gedoen word nie????

B ·

Organisasie was baie goed. (Hulle het mos gese die enkele flater hier en daar met die medaljes sal reggestel word.) Die water tekort word grootliks opgeblaas.

Het julle al byeenkomste georganiseer waaraan bykans 30 000 mense (13k vir ultra, 16k vir half) deelneem?

fish ·

Miskien moet die two oceans gauteng toe kom dan noem ons dit Two Cities, want ons het water in ou Johannesburg weg

marous ·

Platiek vry . Wonderlike idee ! Was dit erde koppies of dalk van die wit gemors wat nog erger as plastiek is , en die hele wereld rond waai ?

Runner ·

En as jy in ag neem wat ons in vandag se tyd betaal om aan wedrenne deel te neem, en dan is daar nie genoeg water op die pad nie! Die medalje is ons belonging, om nie een te kry op die eindpunt nie, is erg….

Gerhardt O ·

Hulle het die uitsaairegte ook opgemors (saam met ASA).

Pieter ·

Mense kla te gou. Dis ‘n wonderlike voorreg om gesond te kan wees en deel te neem. Die organisasie was puik soos elke jaar. En die mense langs die roete ook. Dankie vir al die vrywillige helpers se moeite. Julle is wenners.

Rerig??? ·

Ek verstaan die tekorte, maar hel wie het ooit gedink jy kan met n koppie, papierglasie of iets dergeliks hardloop en drink????????
Daar is ander maniere, soos bv elke sakkie wat val kan opgetel word en vir herwinning gestuur word.

Jan ·

Miskien moet hulle maar kyk na ‘n tweejarige wat uit ‘n koppie drink, mors maklik 60%. Ag nou ja, ………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.