Twee Oseane-marathon gaan voort ondanks droogte

Argieffoto

Die Twee Oseane-ultramarathon gaan aan die einde van Maart voort in Kaapstad.

Die organiseerders het dié nuus Donderdag bevestig, maar ook bygevoeg daar sal geen stortgeriewe vir deelnemers wees aan die einde van die wedloop nie. Hulle het die versekering gegee dat hulle nie munisipale water sal gebruik tydens die marathon nie.

Al die voorkomingsmaatreëls wat tot dusver in Kaapstad ingestel is, kon nog nie daarin slaag om Dag Zero af te weer nie. Dié dag word vir 12 April voorspel.

Die organiseerders het in ʼn verklaring gesê hulle het ʼn jaar toegewy om die 2017 Old Mutual Twee Oseane-marathon (OMTOM) op 31 Maart 2018 te beplan.

“As een van die stad Kaapstad se hoofgeleenthede op die kalender het dié voortslepende droogte ʼn harde werklikheid vir die geleentheid se belanghebbendes en deelnemers gebied. Ons is bewus van die kommer van inwoners – ons neem waterbesparing en die geleentheid se algehele water-impak op die stad baie ernstig op,” lui die verklaring.

Die organiseerders het verder gesê dat hulle nou saam met die stad en die rampbestuurspan sowel as die borge werk om die gepaste voorsorg en oplossings gereed te kry vir die 49ste OMTOM.

Die aantal verversings by die wedloop sal ook verminder word.

“Daar sal stasies wees waar deelnemers van hidrasiepakke voorsien sal word. Ons moedig ook alle deelnemers aan om so selfonderhoudend moontlik te wees,” lui die verklaring.

Die organiseerders het gesê hulle besef mense is bang dat die groot groep deelnemers wat uit ander dele van die land afkomstig is en nie in Kaapstad self woon nie (meer as die helfte) dié stad se laaste water gaan opgebruik.

“Ons moet egter die ekonomiese inspuiting wat dit aan die stad bied (meer as R675 miljoen) tesame met die duisende werksgeleenthede wat daartydens geskep word, asook die liefdadigheidsorganisasies wat aan boord is met die projek en meer as R3 miljoen wat daardeur ingesamel word, in ag neem,” het hulle gesê.

Hulle, as mede-Kapenaars, is toegewy daaraan om minder as hul toegelate 50 l per dag te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Antoinette ·

Ek dink nie daar word regtig gedink aan inwoners van WesKaap wat droogte in gesig staar nie. Hou op lieg want dit gaan mos oor geld. As die dollar sign gesien word kan ons mos liwg soos ons wil

Koos1 ·

As jy so diep in die moeilikheid is dat jy amper nie water aan jou inwoners kan verskaf nie, hoe kan jy jou self blind staar aan die R675 mil? Die hardlopers gaan tog sekerlik moet stort of bad na die tyd? Waar gaan hulle dit doen? By hulle eie huise in Gauteng? En al die toeskouers wat vanaf anderplekke kom kyk. Moet hulle water vanaf hulle huise saam bring? So het Kaapstad ook die 7’s Rugby toernooi aangebied begin van die jaar. Ek laat my nie vertel dat sulke toernooie en maratonne nie eksta druk plaas op die water bronne nie! Ek hoop Kaapsatd gaan daai miljoene rande vat en water koop vir hulle inwoners!

snoefie ·

hulle sal net voor die maraton begin al die gemeenskaplike krane gaan toedraai. dit behoort d dag met twee maande terug re skuif.

Tammy ·

Gaan hulle genoeg water saamry om die toilette wat hulle gebruik te spoel, en ook water om hulle hande daarna te was? Vertel hierdie storie vir die mense wat dit sal glo, asseblief.
Dis nou die grootste bog wat seker in 2018 vertel is. Skaam julle, dit gaan oor geld en die arme inwoners word oor die hoof gesien!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Coline ·

Ek kan net my kop in totale verbystering skud! Twee van SA se grootste sport geleenthede vind n maand voor Day Zero plaas. Seker altesaam 30000+ besoekers vir die fietstoer en Two Oceans? As gevolg top leierskap, moet ek en my gesin onself ontneem van daaglikse stort, tuinmaak, swem, masjien wasgoed was, omdat ons die realiteit in hierdie situasie raakgesien het. Hierdie ongemak is maw absoluut nutteloos gewees. Eendag sit en huil en teem raadslede en regerings amptenare, en vertel die publiek hoe erenstig die water krises is – en die volgende dag wil ons geld maak nê, en dan nooi ons 30000+ mense om net seker te maak die krane word wel toegedraai op 12 April as hulle nie meer hier is nie! Draai die krane NOU toe, dat mense kan leer! City of Cape Town – Shame on you!

NEE!! ·

Hoe kan hulle voortgaan met 2 geleenthede in 1 maand!? Die sweet gaan die mense aftap en gaan hulle stort onder ‘n 1 liter water bottel?? NEE hulle gaan ons kapenaars se water gebruik! Skande! Stem sies City of Cape…you betray your own people!! Julle gaan baie kapenaars se vere omkrap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.