Twee OTM’e opgeblaas; kontant gebuit

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Twee outomatiese tellermasjiene (OTM’e), oftewel kitsbanke, is Saterdag in die vroeë oggendure in Rustenburg opgeblaas.

Na wat verneem word, het sewe werknemers van die winkel waar die kitsbanke geleë is, gesien hoe drie verdagtes die voorste glasdeur breek. Kort daarna is vasgestel dat die twee kitsbanke opgeblaas is. Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag geld gevlug.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Sers Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het gesê n saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alida ·

Dit verbaas my dat die werknemers wat die verdagtes gesien het nie dadelik die SAPD gebel het nie. Die hele spul werk seker weer saam !!!

Eliza-beth ·

Alida ek is geneig om saam met jou te stem. Ons sal almal versigtig moet wees; met die feesgety neem sulke tipe goed, asook gewapende roof in winkelsentrums toe – die massas het geld “nodig” vir kersfees!

Rietrot ·

Het geld nodig vir drank en vuurwerke vir Kersfees en nuwe jr…ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.