Twee paroolgangers verbind met roof, verkragting

Die owerhede op die toneel. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes, wat verbind word met verskeie sake van roof en verkragting in en om Viljoenskroon in die Vrystaat, is die afgelope week in hegtenis geneem. Albei is tans uit op parool nadat hulle tronkstraf vir onder meer sakeroof uitgedien het.

Die eerste verdagte, Molefi Godfrey Kau (37), is tans uit op parool nadat hy tien jaar tronkstraf uitgedien het vir sakeroof. Hy word verbind met ʼn aantal onlangse sakerooftogte in Viljoenskroon. ʼn Taakspan van die polisie het drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in sy besit gevind toe hulle hom Maandag in Moakeng in hegtenis geneem het.

Hy het Woensdag in die landdroshof in Kroonstad verskyn.

Nóg ʼn verdagte (32) is Dinsdag in ʼn nedersetting in Viljoenskroon vasgetrek nadat die polisie selfone, kontant en koopbewyse vir lugtyd in sy woning gevind het. Die verdagte, wie se naam nie bekend is nie, is ook uit op parool.

Die polisie het ʼn vuurwapen in sy besit gevind wat verbind kan word met ʼn saak van verkragting. Die vuurwapen is ook moontlik op 13 Augustus uit die polisie se besit gesteel.

Albei verdagtes sal verantwoording moet doen vir die oortreding van hul paroolvoorwaardes en sal weer op 6 September in die hof op aanklag van sakeroof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Gewoonte misdadigers en dan sit hulle met wapens hel! Waarheen gaan ons land? Dis om van te huil regtig.

Hasie

Ek hoop regtig dat die Regter sal die keer geen parool toestaan nie maar lewenslank sal oplê

Hennie

Mooi gedoen ANC! Julle kan werklik trots wees op julself. Julle het die twee ANC kiesers mooi gerehabiliteer! Swape!

Pietertjie

Weereens ‘n bewys dat die Romeins-Hollandse / Britse / Westerse regstelsel nie vir Afrika werk nie.

Blomme

Ons regstelsel faal ons werklik waar. Van die swakstes ter wêreld.