Twee pastore vas oor verkragtings

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee pastore, een van Kaapstad en die ander van Butterworth in die Oos-Kaap, is in hegtenis geneem in verband met twee voorvalle van verkragting.

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê ʼn pastoor (32) is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 16-jarige gemeentelid verkrag het. Die pastoor het die meisie na bewering Woensdagoggend na sy huis geneem onder die voorwendsel dat hy vir haar wou bid.

“Hy het die slagoffer haar klere laat uittrek en olie oor haar lyf laat smeer. Die pastoor het haar na bewering op sy bed gedwing en haar verkrag,” het hy gesê. “Die slagoffer het die saak by die polisie aangemeld en die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.”

In die tweede voorval is ʼn pastoor (43) Vrydag in Butterworth in hegtenis geneem, nadat hy na bewering ʼn 18-jarige vrou verkrag het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê die pastoor het die vrou Woensdag na ʼn stroom onder ʼn brug geneem om haar te was, omdat sy siek was. Volgens die slagoffer het die pastoor haar met tradisionele medikasie gewas en haar onsedelik betas.

“Die pastoor het die slagoffer later die middag na bewering weer by haar huis gaan haal en na ʼn plakkershut in die Ibika informele nedersetting geneem. Hy het haar opdrag gegee om haar klere uit te trek en op die bed te lê, voordat hy haar glo verkrag het,” het Manatha gesê.

Die pastoor het die slagoffer huis toe geneem waarna sy haar suster van die verkragting vertel het. Die vrou het die saak by die Msobomvu-polisiestasie aangemeld en die pastoor is in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alida

Genade wat nog. En dit is mense wat God se woord verkondig! Siek en barbaars.

Kobus

Dis duiwels in kisklere…..niemand kan meer vertrou word in die lewe…van die president met sy alewige dansies en grinnikke tot kerkleiers wat Doom spuit op die gemeentelede….maar nog steeds is almal kleingelowig en eet alles wat vir hul gepredik word vir soetkoek op….

Lance

Wat n uiterse GROOT SKANDE ! Dis nou mense wat die woord bring en n voorbeeld moet stel vir die gemeenskap. Pastore is tog mense waarna die gemeenskap opkyk. En om dit nog erger te maak is daar TWEE pastore betrokke. Die mense is niks anders as opportuniste wat onskuldige mense beroof van hulle onskuld en in die proses nog geld vra van die mense. Dis ook die eienste pastore en mense van die woord bring wat vinnig is om te oordeel oor ander maar intussen is hulle self verkragters van mense (letterlik en figuurlik) ….regtig vieslik en genoeg om… Lees meer »

Raven

Mattheus 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.

Dedré

Hierdie sogenaamde pastore moet hard gestraf word want hulle ken GOD maar speel GOD! Hulle is valse leraars!!! Slat hulle met die wet wat hulle so verontagsaam!