Twee pastore vas oor verkragtings

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee pastore, een van Kaapstad en die ander van Butterworth in die Oos-Kaap, is in hegtenis geneem in verband met twee voorvalle van verkragting.

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê ʼn pastoor (32) is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 16-jarige gemeentelid verkrag het. Die pastoor het die meisie na bewering Woensdagoggend na sy huis geneem onder die voorwendsel dat hy vir haar wou bid.

“Hy het die slagoffer haar klere laat uittrek en olie oor haar lyf laat smeer. Die pastoor het haar na bewering op sy bed gedwing en haar verkrag,” het hy gesê. “Die slagoffer het die saak by die polisie aangemeld en die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.”

In die tweede voorval is ʼn pastoor (43) Vrydag in Butterworth in hegtenis geneem, nadat hy na bewering ʼn 18-jarige vrou verkrag het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê die pastoor het die vrou Woensdag na ʼn stroom onder ʼn brug geneem om haar te was, omdat sy siek was. Volgens die slagoffer het die pastoor haar met tradisionele medikasie gewas en haar onsedelik betas.

“Die pastoor het die slagoffer later die middag na bewering weer by haar huis gaan haal en na ʼn plakkershut in die Ibika informele nedersetting geneem. Hy het haar opdrag gegee om haar klere uit te trek en op die bed te lê, voordat hy haar glo verkrag het,” het Manatha gesê.

Die pastoor het die slagoffer huis toe geneem waarna sy haar suster van die verkragting vertel het. Die vrou het die saak by die Msobomvu-polisiestasie aangemeld en die pastoor is in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Alida ·

Genade wat nog. En dit is mense wat God se woord verkondig! Siek en barbaars.

Piet Snot ·

Nee, dis nie mense wat die Woord verkondig nie.
Dis mense wat voorgee dat hulle dit doen.
Groot verskil.

Kobus ·

Dis duiwels in kisklere…..niemand kan meer vertrou word in die lewe…van die president met sy alewige dansies en grinnikke tot kerkleiers wat Doom spuit op die gemeentelede….maar nog steeds is almal kleingelowig en eet alles wat vir hul gepredik word vir soetkoek op….

Lance ·

Wat n uiterse GROOT SKANDE ! Dis nou mense wat die woord bring en n voorbeeld moet stel vir die gemeenskap. Pastore is tog mense waarna die gemeenskap opkyk. En om dit nog erger te maak is daar TWEE pastore betrokke. Die mense is niks anders as opportuniste wat onskuldige mense beroof van hulle onskuld en in die proses nog geld vra van die mense. Dis ook die eienste pastore en mense van die woord bring wat vinnig is om te oordeel oor ander maar intussen is hulle self verkragters van mense (letterlik en figuurlik) ….regtig vieslik en genoeg om mens siek te maak !

Raven ·

Mattheus 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.

Dedré ·

Hierdie sogenaamde pastore moet hard gestraf word want hulle ken GOD maar speel GOD! Hulle is valse leraars!!! Slat hulle met die wet wat hulle so verontagsaam!

is jy seker ·

Ek weet nie of hul God ken en of hul maak asof hul god is nie. Baie is valse profete wat een of ander pastoor raak geloop het bietjie geleer het en terug gegaan het na hul voorvader geeste. Ekt by n skool gewerk waar sommige leerders vas oortuig was hul goggo se gees sal hul deur matriek kry… want die pastoor het so gesê.

Margie ·

Ek is nuut op ‘n dorp en die pastoor het my net te lank en te styf gedruk terwyl hy aanmerkings oor die lekker reuk van my parfuum fluister. Hy wou toe ook onmiddelik kom huisbesoek doen wat ek ontduik het omdat hy my ongemaklik laat voel het. Sy vrou het snaaks teenoor my begin optree, my nie eers gegroet nie en dit het oorgespoel na die res van die gemeente se vroue sodat almal, behalwe twee, my snaaks behandel het. My hart was so seer daaroor. Ek het maar ophou kerk toe gaan al mis ek dit vreeslik. Ek mis om die blomme te doen vir die diens en biduur. Ek mis die lofsange van mede gelowiges en die krag van ‘n goeie diens. Dit was al wat my nog staande gehou het na die dood van my man en dogter in ‘n noodlottige ongeluk. Ek hoop die Here verstaan dat ek nie meer kan gaan nie.

Mauritz ·

Margie,
Jy is gelukkig een van die min mense wat nugter kan dink. As almal van jou verskil beteken dit nie noodwendig dat hulle reg is en jy verkeerd is nie.

Ouvrou ·

Dedrè, dis so waar wat jy sê. Dis ook n algemene ding deesdae vir mense om bybelverse en dinge te noem en mooi versies op hulle profiele te verkondig, maar helaas hulle leef dit nie uit nie. Hierdie sogenaamde pastore het hulle self sommer daai titels gegee en het nie n idee van die ware God nie. Is alles vir geldmaak.

Johanna Botha ·

En so onder die dekmantel van die woord word n jong kind beroof van haar jeug en onskuld deur n gewenlose man wat n pastoor is. So moet ons nou ook lees van ander gevalle waar die Ds of pastoor onbehoorlik omgegaan het met gemeentelede en hulle nou ontneem het van hulle geestelike kos en groei in die gemeentelike verband. Regtig die Ds en pastore gebruik hulle amp en stand om te teer op onskuldige weerlose mense op n finansieele en immosionele vlak wat regtig as uiters laag en laakbare beskou kan word.

jaco ·

Die Zion Christian Church meng tradisionele Afrika godsdiens met so n paar christelike goed. Om vroom Bybeltekste vir hulle aan te haal, gaan nie help nie.

Karools ·

Lg….en so waar wat jy se…..hier ter plaatse dieselfde geval van n sogenaamde pastoor(klein letter)..dis wat hy is….baie stories doen die rondte….beradings op afgelee plekke met getroude of jong meisies…sy vroutjie maak die stories af as jaloerse gemeentelede wat nie die wonderlike werk insien wat hy doen nie….maar geen vrou het die moed om die saak verder te voer….die skandvlek op hul naam en ter wille van die eenheid van die gemeentetjie….maar stilweg wroeg hul alleen oor dade wat hul aangedoen is…word hul dalk afgepers vir stilswye deur inligting bekom deur sogenaamde beradingssessies….vra maar net

Janine ·

Uh, ok…. die een is reeds ‘onsedelik betas’, daarna huis toe gevat. Maar sy klim toe waaragtig WEER saam dieselfde man in die kar? Seker ook deel van die “Doom” brigade.

Kobus ·

Janine my kommentaar met dieselfde strekking nie geplaas….jy in die kol….Doom nou die inding….van siektetoestande genees tot om n vrou “onwetend” in die bed te kry…..

Wakker ·

Nie lelik maar as ‘n pastoor vir my vertel ek moet my klere uit trek of my aleen sonder enige ander lede wil gaan skoon “was” moet jy mos tog weet da is fout… Dis mos nie normale gedrag van ‘n ware pastoor nie….

Penelope ·

Raven jy vat die woorde so uit my mond. Genugtig mens kan niemand meer vertrou nie.
Hulle maak ‘n bespotting van God en hul beroep…… en hulle behoort te weet dat God nie slaap nie! Skandelik!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.