Twee persone verdrink in die Wes-Kaap

Argieffoto Foto: NSRI

Argieffoto Foto: NSRI

Nog twee persone, waaronder ʼn 10-jarige seun, het Saterdag in die Wes-Kaap verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

NSRI Mykonos het omstreeks 13:00 die Suid-Afrikaanse Polisiediens bygestaan toe ʼn 10-jarige in die golwe op die hoofstrand in Paternoster verdwyn het. Reddingswemmers is ook ontplooi en die seun se liggaam is 400 meter van die kuslyn gevind. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

NSRI Hermanus het omstreeks 15:45 reageer om lewensredders by Grotto-strand by te staan nadat drie mans uit die water gered is. Die drie persone het geswem toe hulle in ʼn sleurstroom beland het. Ondanks pogings deur die paramedici om sy lewe te red, is ʼn 40-jarige man op die toneel dood verklaar. Twee van die mans is in ʼn stabiele, maar ernstige toestand, na die hospitaal geneem. Een persoon is reeds ontslaan. Die tweede sal na verwagting ten volle herstel. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Dit is verbasend in die huidige somer vakansie van hoeveel sleurstrome ons van hoor.

Lindie ·

Miskien is jy reg maar miskien is dit net ‘n fokusverskywing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.