Twee platejoggies van lug oor ‘ernstige bewerings’

(Foto: Unsplash)

Twee van die radiostasie 947 se platejoggies, DJ Fresh (Thato Sikwane) en Euphonik (Themba Nkosi), is dadelik van die lug af gehaal ná ʼn vrou vandeesweek ernstige bewerings teen die twee gemaak het.

Primedia Broadcasting, eienaar van die radiostasie, het Saterdag in ʼn kort verklaring gesê hy het met die twee vergader oor die aanklagte teen hulle.

“Ons beskou hierdie aangeleentheid in ʼn uiters ernstige lig en maak gebruik van ʼn streng, doelgerigte interne proses om dit te evalueer. Primedia Broadcasting, DJ Fresh en Euphonik het ʼn gesamentlike besluit geneem dat hulle nie nou gaan uitsaai nie, sodat hulle op hierdie saak kan konsentreer,” het Geraint Crwys-Williams, tussentydse uitvoerende hoof, gesê.

Die twee platejoggies het die besluit ook self op Twitter gedeel.

EWN berig die vrou het die bewerings, oor ʼn voorval wat glo in 2011 gebeur het, vandeesweek op Twitter gemaak. Luidens die berig is ʼn klagte by die Sunnyside-polisiestasie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarel ·

Nie aanhsnger nie maar 2011 en fit is nou 2021
.Hoekom soveel jare wzg voor klag ingedien word

Alexander ·

Ons moet seker nou daai watse bewerings dit is. Ek het buitendien nog nooit van hierdie stasie gehoor nie. Is dit regtig nuuswaardig. Kon hierdie spasie nie eerder gebruik word om iets opbouend oor Pretoria FM of enige ander Afrikaansgesinde stasis te plaas nie.

SomeOne ·

na 10 jaar kan sy haar woorde ruil net soveel soos sy wil, ek glo dat die 2x platejoggies nie die voorval eens kan onthou nie

Wiehan ·

Dis presies wat met mans gebeur. Vrouens kan 5, 10, 15 of 20 jaar later bewerings van seksuele teistering, aanranding ens maak en onmiddelik word hulle geglo. Ek het ‘n vriend gehad waar sy vrou hom van verkragting aangekla het, hy was vir meer as 2 weke in die selle opgesluit want sy was bang hy gaan haar aanrand. Sy gaan toe saam met die nuwe boyfried na sy dorp toe, meubels en kar en al, en viola, 4 maande later jaag die nuwe boyfried haar weg, sonder meubels en kar, want die het hy toe al verkoop. Sy kruip toe weer terug na my vriend, want sy kinders het nie ‘n dak oor hul koppe of kos nie. Hy neem haar wraggies weer terug. En sy speel nou heel onskuldig!

Debbie ·

Waarom op aarde soveel jare wag voor jy n saak maak. Hulle behoort mense net 2 maande kans te gee om n saak teen iemand te maak wat hulle skade aan gerig het. Die jare wag is regtig belaglik

Riana ·

DJ Fresh nou al by talle stasies gevra om te loop oor sy gedrag…..say no more

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.