Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle by die direkteur van openbare vervolging (DOV) se kantoor in Pretoria ingebreek het, het Donderdag weer in die stad se landdroshof verskyn.
Moses Mtakiso (39) en Moses Magolego (40), albei van Winterveldt noord van Pretoria, het albei skuld beken op al die aanklagte teen hulle.
Volgens die klagstaat staan Mtakiso tereg op agt aanklagte van inbraak asook sakeroof. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding.
Magolego staan tereg op een aanklag van diefstal asook huisbraak met opset om te steel.
Die saak is tot 26 Oktober uitgestel vir nadere ondersoek.
Die twee het na bewering op 20 Julie in die kantoor van Joyce Ntulie, ʼn DOV-beampte, ingebreek en ʼn skootrekenaar en ʼn geheuestokkie gesteel.
Die voorval het sowat ’n week later plaasgevind nadat daar by die Valke se kantoor in Pretoria ingebreek en sewe rekenaars gesteel is.
Beide het skuld beken op al die aanklagte? Wel, dit dui net op een ding – hulle vat dit vir die span wat nie gevang is nie.
Net so.