Twee vermeende plunderaars is doodgeskiet en 10 ander beseer in ʼn onderonsie met die polisie in Bizana in die Oos-Kaap, het die SAUK Dinsdag berig.
ʼn Groep mense het glo goedere van ʼn vragmotor, wat kruideniersware vervoer het, begin plunder. Hulle het gewelddadig geraak en die polisiebeamptes aangeval.
“Die groep was baie gewelddadigen hulle het ʼn bestuurder gegryp en hom fisies aangerand toe hy kom help het en van die goedere wou verwyder wat van die vragmotor afgeval het,” het brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, aan die SAUK gesê. “Dit het uiteindelik tot ʼn skietvoorval gelei.”
Mills sê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die voorval.
Goeie werk……..!
Hulle beskou ander se eiendom mos as “free for all”. Kry vir julle , net baie jammer dat nie meer van die barbare geval het nie.