Twee polisiebeamptes deur motoris geskiet

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Twee beamptes van die Ekurhuleni Metropolisie-departement (EMPD) is Sondagaand in Ivory Park, Tembisa, aan die Oos-Rand geskiet.

Maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het gesê die beamptes is geskiet terwyl hulle verkeer beheer het. “Dit is nog nie duidelik wat die skietvoorval veroorsaak het nie, maar volgens inligting het een van die motoriste op hulle losgebrand. Die polisiebeamptes is na die hospitaal gehaas vir behandeling,” het hy gesê.

Die motoris het van die toneel gevlug. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Vier polisiebeamptes is die afgelope week deur misdadigers doodgemaak. ʼn Lid van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) is Maandag gedurende ʼn gewapende rooftog by ’n winkelsentrum doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erica ·

Nou weereens die saak van feite en raai deur die media. Soos news24 berig dit is n voetganger wat geskiet het, so berig maroela media dat dit blykbaar n motoris is. Hoekom nie die waarheid en feite reg kry voor joernaliste net spring om soos klikkiebekke nuus te versprei wat hulle nie eers reg kan vertel nie.

Erica ·

Dit is n jammer ek kan nie screenprints hier post nie. Want eers sê julle hulle is dood geskiet in die hoofopskrif en net verder aan in die berig dat hulle niea die hospitaal gehaas is. Hulle is volgens news 24 nie dood geskiet nie. Maroela media moet julle feite reg kry want julle mislei die publiek en lesers van die waarheid!

Janine ·

Genade, mens… Dis sekerlik bloot ‘n tikfout van Maroela se kant af. Dis nou nie nodig om histeries te raak daaroor nie. So vroeg op ‘n Maandagoggend…joh.

Sune van Heerden ·

Dagsê Erica

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die verwarring.
Die teksversorger het ongelukkig aanvanklik nie die verslaggewer se fout in die opskrif raakgesien nie, maar dit is dadelik reggestel toe die fout opgetel is. Soms neem dit net ‘n oomblik vir die webwerf om te “cache” en dan is die fout dus nog vir ‘n oomblik lank sigbaar.
Die berig is nou gewysig.

Ek hoop jy kuier sommer lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.