Twee polisiebeamptes die naweek doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Twee polisiebeamptes is die naweek in afsonderlike voorvalle in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het gesê hy het met kommer van die twee voorvalle verneem.

In die eerste voorval is ʼn polisiesersant Vrydagaand by die Ekombe-polisiestasie se gemeenskapsdienssentrum doodgeskiet. ʼn Konstabel, wat van diens af was, het glo omstreeks 21:00 by die sentrum aangekom waarna ʼn argument tussen hom en die sersant ontstaan het. Die konstabel het glo hierna die 43-jarige sersant doodgeskiet.

Die konstabel is onmiddellik deur sy kollegas in hegtenis geneem en ʼn saak van moord word ondersoek. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.

In die tweede voorval is ʼn polisiekonstabel Sondagoggend in Pata buite Pietermaritzburg doodgeskiet.

Die konstabel se voertuig is langs die pad gevind nadat dit glo ʼn groot klip getref het. Die beampte se liggaam is in sy motor gevind. Hy is twee keer in die kop geskiet. Die 25-jarige beamptes was aan die Hilton-polisiestasie verbonde. Die polisie het ʼn grootskaalse soektog na die konstabel se moordenaar(s) van stapel gestuur.

Sitole het sy medelye met die families en kollegas van die oorledenes betuig. “Ek het opdrag gegee dat die gesinne van die oorledenes volle ondersteuning kry in hierdie tyd,” het Sitole gesê en ook ʼn beroep gedoen op die ondersoekspanne om vas te stel wat die presiese omstandighede was wat tot die beamptes se dood gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

En wat se ondersteuning kry die families van die twee blankes wat vermooer is? Is daar al ‘n soektog aan die gang vir hulle moordenaars? Nee, wat, dit was mos maar net nog ‘n misdaad!!!!

Spike ·

Werêldwyd weet afrika is pateties, maar sa vat die koek danksy comrades en kaders.

Sakkie ·

En die polisie gaan ook ‘n grootskaalse soektog na die moordenaars van die twee jong mense loods en natuurlik ook bystand aan die families lewer of hoe het ek dit nou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.