Twee polisiebeamptes dood in Oos-Kaap

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Twee polisiebeamptes is in afsonderlike gevalle in die Oos-Kaap vermoor.

Genl.maj. Zamuthangi Mki, provinsiale polisiekommissaris, het gesê sers. Wada Jacob Mogale (59) is in die hospitaal dood nadat sy vriendin hom glo Woensdag in sy huis in Jamestown met ʼn mes gesteek het.

Mki het gesê die 42-jarige vrou is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Jamestown-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Konst. Simthembile Thandani (30) is Woensdag doodgeskiet nadat hy en nog ʼn beampte ʼn motor van die pad af getrek het in Kwazakele, Port Elizabeth. “Terwyl die beamptes met die bestuurder gepraat het, het twee verdagtes uit die veld gekom en een van hulle het ʼn vuurwapen gehad.”

Volgens Mki het die verdagte met die vuurwapen op die beamptes losgebrand. Thandani is geskiet maar kon daarin slaag om ook een van die verdagtes te skiet voor hy op die toneel dood verklaar is. Die 32-jarige verdagtes is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.