Twee polisiebeamptes in Kaapstad doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Twee polisiebeamptes is Saterdag in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad doodgeskiet.

Die Wes-Kaapse polisie het in ʼn verklaring gesê die eerste voorval het omstreeks 01:00 plaasgevind.

“ʼn Konstabel, verbonde aan die Mitchellsplein-polisiestasie, was nie aan diens nie toe hy noodlottig gewond is in ʼn beweerde kapingspoging in Bloekombos in Kraaifontein,” lui die verklaring.

“Die beampte was in die gebied om ʼn familie af te laai toe hy deur drie onbekende persone genader en geskiet is in ʼn mislukte poging om sy voertuig te steel.”

Die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke (DPCI) ondersoek die voorval.

Die tweede voorval het omstreeks 02:30 plaasgevind. ʼn Konstabel verbonde aan die Athlone-polisiestasie is in Owen Madikanestraat in Delft in sy skouer geskiet. Hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die omstandighede rondom dié voorval word steeds ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mykie ·

Daar is nie woorde oor hoe tragies dit is nie. Aan beide die mans se familie en vriende, wil ons net baie jammer sê vir julle verlies. Mag God julle krag gee deur hierdie moeilike tyd.

GES ·

Ons is lankal by die punt verby van mooi praat. Vuur sal met vuur geveg moet word. My innige simpatie aan die families met die groot verlies.

Cherokee ·

Destyds in cowboys en crooks films is mense in die skouer geskiet en steeds aanhou baklei.

Dolf ·

Ongelukkig het Hollywood en die meeste mense geen idee hoe die menslike anatomie werk nie. Die skoot deur die “skouer” het waarskynlik ‘n hoofslagaar (subklavikale arterie) getref en slagoffer is dood aan bloedverlies. Flieks en werklikheid is hemelsbreed verskillend. Mag die moordenaars gevang en gestraf word en mag die slagoffers rus in vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.