Twee polisiebeamptes in Kaapstad geskiet

(Foto: SA Polisie)

Twee polisiebeamptes is Woensdag in Philippi geskiet en is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die twee polisiebeamptes was op diens by ʼn konstruksieperseel in Sweet Home, Philippi, om werkers te beskerm as hulle aangeval sou word.

Maroela Media verneem een van die beamptes het intussen aan sy beserings beswyk.

“Die stad veroordeel die uiterste geweld teen beamptes wat die gemeenskap gedien het. Die stad sal die polisie bystaan om seker te maak geen steen word onaangeroer geraak om die oortreders aan te keer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ella ·

Mens staan stom voor soveel geweld, moord en doodslag.
Hoe lank nog voor die kruitvat ontplof.
Lyk my hierdie regering het beheer verloor oor sy maaksels…… en nou maak hulle soos hulle wil sonder gevolge.

Michael P ·

Ai hulle moet uit gestem word so kan SA nou nie meer aan gaan nie.

KrokodilBotha ·

So die polisie het wag gestaan om ander te beskerm teen die skurke , maar nog steeds die verlies.

wilma ·

skuldiges moet vasgetrek word is lee beloftes. Hierdi land het verval in chaos soos die res van Afrika. Het die goedgelowiges se oe al oopgegaan of leef hul steeds in hul droomwereld

PJC ·

Hierdie aanvallers is heelwaarskynlik deel van die konstruksie mafia.

leser ·

sterkte aan die families

ek kom om jou te beskerm, ek byt in die stof, wie gaan jou nou beskerm

al manier hoe om van die hoofde ontslae te raak is ‘n staatsgreep, maar wie gaan dit waag ?

Jaco ·

Al twee beamptes het nou gesterf. My vraag is hoekom in die areas uitbrei. Gaan na areas waar dit waardeer word. Die bouery moet stop gesit word en geld op ander plekke gespandeer word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.