Twee polisiebeamptes vas ná dood van student

TUT Soshanguve. Foto: Facebook

Twee polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn finalejaar-regstudent in Augustus vanjaar.

Katlego Andries Monareng is op 23 Augustus op die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) se Noordkampus in Soshanguve doodgeskiet. Monareng se dood het gevolg nadat ʼn verkiesing van die verteenwoordigende studenteraad (VSR) tot ʼn bakleiery gelei het. Die polisie is ontbied. Volgens ooggetuies het die polisie glo met skerp ammunisie op studente losgebrand. Monareng is doodgeskiet en nog ʼn student is gewond.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê ʼn konstabel en ʼn kaptein is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op Monareng.

Volgens Dlamini het Opod al sy ondersoek afgehandel en word daar net nog gewag op twee tegniese verslae. Die verdagtes sal Dinsdag in die Soshanguve-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

TUT het ná Monareng se dood ʼn week van rou aangekondig. Klasse is daarna sporadies hervat, maar moes kort daarna opnuut opgeskort word nadat chaos ontstaan het. Gewelddadige betogings en vandalisme wat studente en personeel op dié kampusse se veiligheid bedreig het, het die universiteit genoodsaak om klasse op te skort.

Akademiese aktiwiteit is eers weer op 8 Oktober by die twee Soshanguve-kampusse hervat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Diefie ·

Dis nou ‘n tamiletjie. Die betogers kan maak wat hulle wil, alles afbrand ens. Nou wat moet die polisie doen? Dit bly maar deurmekaarspul. Word daar ingebreek en die huiseienaar word dood geskiet , dan word slegs ‘n saak van inbraak ondersoek. Ek bly maar in ons pragtige land “confused”

Daan ·

Dit is hoekom die land in ‘n riool slot is. As ek in die Polisie was sou ek ook te bang wees om te roer. As jou lewe in gevaar gestel word mag jy nie skiet nie. As jy skiet dan is jy te bang om te praat en dit aan te meld. Treine kan maar gebrand word. Die SAPD is verlam. Hulle mag nie reageer nie. Albei kante is die SAPD in die moeilikheid.
Ons het te veel menseregte en geen verpligtinge nie.

L ·

En die ANC beleid beskerm die krimineel alweer. Hy is dood geskiet, want hy was nie besig om n student te wees nie…. Moet hom asb nie n student noem nie.

Elsa ·

Ek het altyd gedink moord is ‘n vooraf beplande misdaad en strafbare mansslag is as iemand doodgemaak is sonder dat dit vooraf so beplan was. Nou word hierdie polisiemanne sommer direk van moord aangekla? Dit maak nie meer sin nie en selfs die polisie word verhoed om hul werk na behore te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.