Twee polisiebeamptes vas ná man in selle sterf

Argieffoto (Foto: James Timothy Peters/Pixabay)

Twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat ’n man in die aanhoudingselle van ’n polisiestasie in Moorreesburg in die Wes-Kaap gesterf het.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het gesê twee beamptes verbonde aan die polisie in Moorreesburg is Donderdag in hegtenis geneem nadat Manfred Lewies verlede maand in aanhouding gesterf het.

EWN berig Lewies is sowat twee weke gelede na bewering deur polisiebeamptes in ’n aanhoudingsel aangerand waarna hy later aan sy beserings beswyk het.

Die polisiebeamptes sal moontlik vandag al óf Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met Lewies se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Opinies kan slegs gelig word indien vertel word waarvoor die gevangene aangekla was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.