Twee polisiebeamptes vas oor omkoopgeld

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld geëis het van ‘n motoris in Pretoria.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die twee konstabels van die Sunnyside-polisiekantoor het ‘n man se motor geskut omdat dit nie ‘n geldige lisensieskyfie gehad het nie,

Die beamptes, onderskeidelik 31 en 21 jaar oud, het R800 van die motoris geëis om sy motor terug te kry.

Die beamptes het die motor op die hoek van Kotze- en Leydsstraat parkeer terwyl hulle vir die motoris gewag het om hulle te betaal.

Die man het die saak by die Valke aangemeld en die twee konstabels is in hegtenis geneem kort nadat hulle die omkoopgeld ontvang het.

Die beamptes sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Ag dit kry jy elke dag. Dis soos tandeborsel………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.