Twee polisiekonstabels gewond in skietery

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

Die nasionale polisiehoof, genl. Khehla John Sitole, het die moord op ʼn speurder verbonde aan die Garsfontein-polisie, in die ooste van Pretoria, ten sterkste veroordeel.

Die konstabel is Saterdagoggend doodgeskiet, glo deur dieselfde verdagte wat hy en twee kollegas op ʼn aanklag van ernstige aanranding in hegtenis wou neem. Die verdagte het die beamptes met klippe bestook.

“Terwyl hulle hom in hegtenis probeer neem het, het die verdagte een van die polisielede se vuurwapens gegryp en hom doodgeskiet,” het kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die ander polisielede het gereageer en die verdagte is gewond. Hy word aangekla van moord en poging tot moord en sal in die hof verskyn sodra sy mediese toestand dit toelaat.”

Khehla het reeds beveel dat ʼn senior afvaardiging van die Gautengse polisie die beampte se familie besoek en hulp verleen.

“Die speurders wat saam met die oorlede polisielid was, moet ook geloof word dat hulle die nodige mag gebruik het om die man wat hulle na bewering aangeval en die polisiebeampte se dood veroorsaak het, aan te keer,” het Sitole gesê.

In ʼn afsonderlike voorval is twee polisiekonstabels Saterdag omstreeks middernag gewond toe daar in die omgewing van die Esakhaleni-winkelsentrum in KwaZulu-Natal op hulle losgebrand is, het Muridili gesê. Hulle was besig met ʼn patrollie in die gebied.

Een van die polisiekonstabels, ʼn vrou, is in ʼn bedenklike toestand nadat sy in die gesig en maag geskiet is. Nóg ʼn polisiebeampte is gewond en in ʼn bestendige toestand, terwyl ʼn derde ongedeerd is.

Niemand is nog in verband met dié skietery aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael ·

Hulle moet eerder beter opleiding kry,die wapen is om jou lewe en die van jou kollegas te beskerm sou n skelm n klip optel en my daarmee gooi sou ek aanvaar my lewe is in direkte gevaar en sou ek die nodige geweld gebruik het en die kwaaddoener te stop.

Anel ·

Hoe laat jy toe dat ‘n verdagte jou wapen by jou afvat as jy nog 2 maatjies het wat veronderstel is om jou te beskerm?

Pieter J ·

Hierdie laat ń mens wonder oor die polisie se opleiding en bevoegdheid.

Kruger ·

3 teen 1 en hy kry dit nog reg om 1 dood te skiet met die se eie wapen???? En toe word hy gearresteer???? Wat van “verdedig onsself en skiet hom dood” ????

Kruger ·

En ons kon nie skiet nie want ons was meer as hy…3 teen 1….toe 2 teen een….en dis hoekom ons nie kan skiet nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.